Nog niks gedoen aan R547 nie

Vyf maande het al verloop sedert WITBANK NUUS berig het oor die R547 wat voos gery word deur swaarvoertuie.

Vyf maande het al verloop sedert WITBANK NUUS berig het oor die R547 wat voos gery word deur swaarvoertuie.

Met mynbedrywighede wat in die area plaasvind word die pad gebruik om onder andere steenkool te vervoer.
Met die tyd het die verkeer hul tol geëis en slaggate het al groter geraak.


Selfs swaarvoertuie ry om die slaggate op die R547 wat voor Boesmanland verbyloop.

Mnr. Paul Roux, eienaar van Boesmanland Lapa het die instandhouding van die pad al vanaf 1998 op sy eie skouers geneem. Maar dit het te duur geword om die slaggate keer op keer te vul.

“Ons hou nie by nie. Daar is ongeveer 12 verskillende maatskappye wat se trokke die pad daagliks gebruik. Nie een van die besighede het al aangebied om ’n slaggat of twee te vul nie,” het Roux gesê.

Provinsiale owerhede het ’n regsplig om paaie in stand te hou om die veiligheid van motoriste te verseker.
Na eposse en oproepe na die Departement van Paaie en Openbare Werke is geen terugvoer ontvang nie.

LEES OOK

Swaarvoertuie ry paaie voos

Collision on R547 claims a life

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version