‘Gaan open ’n saak!’ smeek polisie en SACCW

Danksy die vinnige optrede van ’n lid van die South African Community Crime Watch (SACCW) is ’n verdagte wat by ’n huis ingebreek het, in sy spore gestuit.

Danksy die vinnige optrede van ’n lid van die South African Community Crime Watch (SACCW) is ’n verdagte wat by ’n huis ingebreek het, in sy spore gestuit.

Die inbraak het Donderdag, 12 Oktober in Bezuidenhoutstraat plaasgevind.


’n Verdagte wat in Odendaalstraat gevang is, na hy glo by ’n huis in Bezuidenhoutstraat ingebreek het. Dit voorval het Donderdag 12 Oktober plaasgevind (Foto: Chrisune Vermeulen).

Me. Maureen Scheepers van SACCW het Dinsdag 17 Oktober gesê dat die dief mure gespring het tot in Odendaalstraat waar hy deur mnr. Frik van Dyk van SACCW vasgetrek is. Die polisie is na die toneel ontbied.

“Die eienaar van die huis was nie ten tye van die inbraak by die huis nie nie en moes ’n saak by die polisie open, wat hy nie gedoen het nie. Ek het gestaan en kyk hoe die dief uit die polisiebakkie gelaai en terug strate toe is,” het Scheepers gesê.

“Ons doen ’n beroep op elke liewe inwoner van eMalahleni om sake te gaan oopmaak by die polisie indien daar ’n misdaad by enige eiendom gepleeg is. Ons en die polisie kan nie ons deel doen en die publiek maak nie sake nie.”


Die huis waarby ingebreek is op Donderdag 12 Oktober in Bezuidenhoutstraat.

Kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die Witbank Polisie het ook in terugvoer oor die voorval gesê dat indien die persoon wie skade gely het nie ’n saak by die polisie open nie, die verdagtes nie vervolg kan word nie.

“Die polisie moet bo twyfel in die hof bewys dat hierdie verdagte die misdaad gepleeg het en indien al die dokumente nie daar is nie, kan dit nie gebeur nie. Ons moedig die publiek aan om enige sake te kom aanmeld wat sal help met moontlike vervolging en dat die verdagtes gevang kan word,” het kapt. Hall gesê.

Scheepers het ook bygevoeg dat enige verdagtes wat gevang word, by die toneel gehou word en dan aan die polisie oorhandig word.

Sy het ook gesê:

“Wat daarna gebeur is in die hande van die polisie en die publiek. Daar word soveel druk op die SACCW gesit om verdagtes te vang en misdaad te probeer bekamp, en ons doen, maar as die publiek nie saamwerk nie, kan ons ook net soveel doen.”

LEES OOK

SACCW vang een verdagte na huisroof

The cable man

Exit mobile version