Local newsNews

Veiligheid eerste by Taalfees

Baie dankie Afriforum, baie dankie vir julle hulp en ondersteuning.

By Laerskool Taalfees is leerders se veiligheid eerste prioriteit.

Op 11 September het AfriForum die voetgangers en skolierpatrollie van die skool verras met die oprig van spoedwalle.

“Ons skoolhoof, mnr. Danie Storm, die personeel, ouers asook die leerders bedank graag AfriForum, in besonder mnr. Alfred Fries en mnr. Peet Venter, wat die projek gelei het en wat verantwoordelik was vir die oprig van die spoedwalle in Beattylaan reg voor en oorkant Laerskool Taalfees se skoolterrein. Baie dankie Afriforum, baie dankie vir julle hulp en ondersteuning,” het me. Marlize Jansen van Vuuren gesê.

Back to top button