CrimeNews

Gewapende roof eis duisende

Daar kan nie met sekerheid gesê word in watter rigting die verdagtes gevlug het nie

’n Slagoffer was tussen geweerskote vasgevang terwyl hy beroof is van sy geld.

Die voorval het op Vrydag 15 September in die casino se parkeerterrein plaasgevind. Volgens ’n reaksielid van die South African Community Crime Watch (SACCW) het hy hierdie oproep ontvang en bevestig met mense wat op daardie tydstip in die omgewing gewerk het.

“Dit is toe dat ek uitry na die toneel en volgens inligting wat ek ontvang het, het die kliënt blykbaar ’n groot bedrag geld in Johannesburg getrek. Die vermoede bestaan dat die man van daar af gevolg is, want eMalahleni was sy eerste stop na hy daar vertrek het. Ek weet nie hoekom hy by die casino was nie,” het die reaksielid gesê.

Hy het bygevoeg dat die man hierdie bedrag kontant by hom gehad het, omdat hy glo lone moes betaal in KwaZulu-Natal. Hy het ook gesê dat die slagoffer se skootrekenaarsak gesteel is, en so ook die sak met die kontant in.

“Daar is skote geskiet, ek weet nie hoeveel nie. Maar ek weet dat die casino se reaksiespan asook die verdagtes geskiet het. Die verdagtes is weg in ’n wit Ford Fiesta, met registrasienommer: CP 18 BX GP,” het hy gesê.

Daar kan nie met sekerheid gesê word in watter rigting die verdagtes gevlug het nie.

’n Saak van gewapende roof is by die Witbank Polisie geopen en word tans verder ondersoek.

In ’n persvrystelling, ontvang van The Ridge Casino, bevestig hulle die voorval en ook die feit dat geweerskote van beide die sekuriteit en verdagtes geskiet is. Niemand is in die voorval beseer nie.

Lees ook:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/94385/five-suspects-wanted-business-robbery-cbd/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/97250/heavy-sentences-handed-armed-robbers/

Back to top button