AJ het dringend hulp nodig

AJ is net vyf weke oud en die kleinman baklei verbete vir sy lewe.

AJ is net vyf weke oud en die kleinman baklei verbete vir sy lewe.

AJ is op 15 Augustus gebore en skaars n maand later op 16 September in Witbank Hospitaal met simptome van geelsig en dehidrasie opgeneem.

Hy was opgeneem in ‘n gewone saal en op ‘n drip gesit en het suurstof ontvang en voeding deur n drippie.

Saterdag aand het hy net flou geword en hulle het hom terug gejaag intensiewe sorg eenheid toe. Hy is agt ure later oorgeskuif na n gewone saal toe. Die volgende dag het hy drie aanvalle gekry en weer oorgeskuif intensiewe sorg toe. Mamma Annemarie Schrenk het gese hulle moet wag want daar is nie oop beddens nie en AJ word sieker by die minuut.

“Hulle sê hy het simptome van lewer versaking en sy magie bly opswel en styf word. Asseblief help ons seuntjie,” het Annemarie gepleit.

Daar word gepoog om AJ na n privaat hospitaal oor te plaas.

“Ons het nie die fondse nie en julle bydrae kan nou ons kind se lewe red. Vir almal wat nie kan bydrae nie vra ons, bid asseblief vir ons kind.”

Child Medi Organization
FNB Tjek
Rekening nommer 626 325 810 56
Tak kode: 250655
Swift code: firnzajj

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version