Local newsNews

Ogies op Carte Blanche

Die forum vir besorgde inwoners van Ogies se stemme is gehoor.

Die forum vir besorgde inwoners van Ogies se stemme is gehoor. Die dorp se inwoners se stryd teen die mynreus, Glencore, word dié Sondag, 3 September om 19:00, op Carte Blanche gebeeldsend.

Inwoners baklei al ’n geruime tyd teen die myngroep wat na bewering verantwoordelik is vir die krake in hul huise as gevolg van skietwerk.

Inwoners beweer ook dat stof wat deur mynbedrywighede veroorsaak word, die direkte blaam moet dra vir verskeie lugwegsiektes soos asma en brongitis.

Die forum se regsverteenwoordiger, advokaat Zehir Omar het daarin geslaag om die myngroep te verbied om die pad tussen die R555 en R545 te sluit. Die myngroep wou die pad sluit om met hul mynbedrywighede aan te gaan. Een van die redes hoekom inwoners gekant was dat die pad gesluit word is omdat die dorpie se paaie deur swaarvoertuie voos gery word.

Zahir het Ogies se probleem al voor die openbare beskermer se voete neergelê. In ’n e-pos op 5 April het hy aan die openbare beskermer gevra om in te gryp en die aandag op Ogies Skool gevestig wat ook gebuk gaan onder die mynbedrywighede.

“Aan die een kant van die skool is ’n hele gebarste stuk. Wat gaan gebeur as die skool inmekaarval na skietwerk by die myn? Dit is moord,” het Zahir gesê.

KYK VIDEO HIER:

https://carteblanche.dstv.com/coming-coal-fights/

Behalwe vir die openbare beskermer het hy ook op die menseregtekommissie ’n beroep gedoen om in te gryp.
Omar het twee hofsake waarin hy die dorpie verteenwoordig. Eerste op sy lys gaan hy hom tot die hof wend om die mynreus te noodsaak om gereedskap in plek te stel om stof te meet en ook seismograwe te installeer om die trillings te meet.

Tweedens gaan hy die openbare beskermer, die menseregtekommissie en ander staatsdepartement voor die hof daag omdat hulle volgens hom nie hul werk gedoen het nie.

Glencore se woordvoerder me. Shamiela Letsoalo het gesê hulle doen hul werk in ’n omgewingsverantwoordelike wyse.

“Ons bedrywighede verskaf werk en die myn maak ’n beduidende bydrae deur middel van korporatiewe maatskaplike belegging en plaaslike ekonomiese besteding,” het Letsoalo gesê.

Op die klagtes van huise wat bars oor die myn se skietwerk het Letsoalo gesê,

“Ons voldoen aan die Wet op Myngesondheid en -veiligheid se regulasies oor skietwerk. Daarbenewens tref ons alle redelike voorsorg om te verseker dat die geraasvlakke van die mynbedrywighede en die impak daarvan op die omliggende gebiede tot ’n minimum beperk word.”

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/96258/glencore-moet-stof-en-trillings-meet/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/92253/ogies-inwoners-boos-oor-mynaktiwiteite/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button