Local newsNews

AfriForum verf spoedhobbels

Die AfriForum-tak in eMalahleni het ’n plaaslike kontrakteur aangestel wat die afgelope twee weke verskeie spoedhobbels in die dorp geverf het

Die AfriForum-tak in eMalahleni het ’n plaaslike kontrakteur aangestel wat die afgelope twee weke verskeie spoedhobbels in die dorp geverf het nadat die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit versuim het om die nodige instandhouding te doen.

Volgens Alf Friess, AfriForum se Witbank-takvoorsitter, is agt spoedhobbels naby Laerskool Panorama, Laerskool Klipfontein, St Thomas Aquinas School, Laerskool Kragbron en in Amaryllisstraat geverf.


’n Kontrakteur, wat deur die plaaslike AfriForum-tak aangestel is, verf spoedhobbels.

“Die tak wil help om te verseker dat elke padgebruiker veilig is, daarom het hulle besluit om die spoedhobbels te verf en sigbaarheid op dié wyse te verbeter,” het Friess gesê.

“AfriForum se Witbank-tak beplan om verskeie soortgelyke selfdoenaksies in die dorp te loods en maak op die gemeenskap staat om hulle hierin by te staan. Die getal AfriForum-lede bepaal die suksesse wat ons in eMalahleni kan behaal,” het Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

Raak vandag nog betrokke by die AfriForum-tak in eMalahleni deur “Verf” na 45350 te SMS (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button