Local newsNews

WH de Klerk ‘train’ vir die Great Train Race

Die alombekende Greatst Train Race gebeur in minder as ’n week.

Die alombekende Greatst Train Race gebeur in minder as ’n week.

Meer as 2 800 langafstand atlete vat die pad tussen eMalahleni en Middelburg aan op Saterdag 19 Augustus.
Soos die GRT ’n tradisie vir jare in die steenkooldorp is, is dit die tweede jaar wat WH de Klerk Skool ’n bydra tot hierdie drie dekades van ’n tradisie het.

WITBANK NUUS het in 2016 berig oor die ongelooflike kreatiwiteit van WH de Klerk studente wat dit goed gedink het om ’n modeltrein vir die GTR te bou.


Die plaat en metaal studente van WH de Klerk Skool wys hul tegnieke met gereedskap, besig om die trein reg te kry. Die trein sal saam die atlete vir die Great Train Race op 19 Augustus beweeg.

Die kreatiewe ontploffing het gekom toe die nuus uitgebreek het dat die regte trein nie die jaarlikse reusies kan akkommodeer, weens finansiële redes.

Klerkies weet hoe om te werk

Die jaar het die studente nie twee keer gedink nie en weereens besluit om hul bydra te gee om dadelik weg te spring en te begin bou.

Die trein sal Donderdag die strate van eMalahleni vol baljaar om inwoners opgewonde te maak vir die reusies wat kom.

Back to top button