Local newsNews

N12-snelweg eis nog ’n lewe

Die tragiese ongeluk wat talle mense beseer gelaat het en een lewe geëis het laat vrae en seer agter.

Die tragiese ongeluk wat talle mense beseer gelaat het en een lewe geëis het laat vrae en seer agter.

Sondagmiddag, op 16 Julie het drie verskillende voertuie opgeëindig op ’n toneel wat besaai was met glas en gedeeltes van voertuie.


Voertuigwrakke op die N12-snelweg na ’n tragiese ongeluk. Die ongeluk het een persoon se lewe geëis Sondag 16 Julie.

Daar word deur die drywer van ’n Toyota Avanza, mnr. Moses Mashiloane beweer dat die ander twee voertuie wat ook betrokke was beheer verloor het en in die aankomende baan beland het.

“Ek het van Kriel na eMalahleni gery toe die twee Isuzu bakkies wat van eMalahleni se kant afgekom het beheer verloor het,” het Mashiloane gesê in sy verklaring.

Dit is nog nie bekend wat werklik gebeur het nie en die familie van die oorledene, mnr. Charles Luff soek na antwoorde.


Langamed Ambulansdienste besig om pasiënte te assisteer na die ongeluk. Die ongeluk ongeluk tussen ’n wit Isuzu bakkie en Toyota Avanza het op 15 Julie gebeur.

Die drywer van die tweede Isuzu bakkie kon nie op die toneel sy verklaring gee nie omdat hy baie ernstig beseer is in die ongeluk.

Ambulansdienste, ER24, Legacy, Langamed, JD-med en EMS het hul hande vol gehad met beseerde pasiënte en dit terwyl hul die verkeer ook probeer beheer het. Hulle het al die beseerdes stabiel gekry en na verskeie hospitale in eMalahleni geneem.

Die Luff-familie was nie beskikbaar voor druktyd vir kommentaar nie.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/83591/ma-en-seuntjie-dood-in-ongeluk/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/87446/accident-n12-claims-life-two-injured/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button