Skrikwekkend hoe gewapende rooftogte toeneem

Gewapende rooftogte wat daagliks plaasvind, laat mens yskoue rillings kry.

Gewapende rooftogte wat daagliks plaasvind, laat mens yskoue rillings kry.

Op Sondag, 2 Julie het twee rooftogte plaasgevind.

Twee mans het glo uit ’n taxi geklim, op pad na Ackerville toe twee mans hul met vuurwapens gedreig het. Die een man het glo weggehardloop, maar die ander man is sy klere, skoene en kontant kwyt.

Nog ’n man is op dieselfde dag in Walter Sisulustraat beroof. Hy was glo besig om te ryloop vanaf Bronkhorstspruit toe twee mans sy sak probeer gryp. Die slagoffer het glo toe ’n vuurwapen uit sy sy gehaal, en hy het die verdagtes skrik op die lyf gejaag. Hy het verder geloop en ’n rukkie later, weereens ’n pluk aan sy sak gevoel. ’n Ander man het die vuurwapen uit die slagoffer se sy gevat en die slagoffer het probeer terugbaklei maar hulle het gedreig om hom te skiet. Die verdagtes is slegs weg met die staatsvuurwapen.

Op Saterdag, 1 Julie het die slagoffer glo ’n pap wiel gekry, en langs die pad afgetrek. Hy het aan polisie vertel dat ses mans hom met ’n vuurwapen gedreig het. In die voorval is die verdagte se beursie, dokumente en kontant gesteel. Die verdagtes het glo ook twee nuwe bande van die trok af gesteel.

Nog ’n voorval het op dieselfde dag op die Bethal/Ogies pad plaasgevind, omstreeks 02:00 daardie oggend.
Op Vrydag, 30 Junie is nog ’n slagoffer sonder ’n selfoon gelaat in De Kocklaan, Uitbreiding 16.

Die slagoffer het glo huis toe geloop toe ’n man haar van agter gryp en ’n vuurwapen teen haar keel druk. Sy het haar selfoon aan hom gegee en die verdagte is te voet weg.

Die sake word steeds ondersoek.

LEES OOK:

Gewapende rowe eis sy tol

Rowers steel tekkies van man se voete af

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version