CrimeNews

Leë huise, ’n broeiplek vir onheil

Vir weke glo het ’n inwoner in Del Judor twee onbekende mans opgemerk by ’n leë huis in die buurt.

Die parmantige diewe het ’n nuwe teiken – om leë huise rot en kaal te steel.

Die afgelope week het drie sulke voorvalle in eMalahleni se woonbuurte gebeur.

Vir weke glo het ’n inwoner in Del Judor twee onbekende mans opgemerk by ’n leë huis in die buurt.

“Nadat een van ons reaksielede van die South African Community Crime Watch (SACCW) weereens die verdagtes by die leë huis in Del Judor Proper gekry het, is die mans na die polisiestasie geneem,” het Maureen Scheepers van SACCW gesê.

Op 27 Junie het nog so voorval net voor skemer plaasgevind in die Reynorif area.

“Kontrakteurs was doenig by my huis wat ek gereed gemaak het vir nuwe huurders. Toe kry ek ’n oproep van my eiendomsagent wat my histeries vertel dat hulle twee diewe in die plafon van my huis gevind het,” het die eienaar van die huis gesê.


Die twee verdagtes wat na bewering by ’n leë huis in Reynorif ingebreek het, is op heterdaad betrap.

SACCW reaksielid, mnr. Frik van Dyk het die twee kwaaddoeners op heterdaad betrap en aan die polisie oorhandig. Die twee verdagtes het intussen in die hof verskyn waar die een verdagte, Thabiso Madikwe beweer het dat hy deur die ander verdagte, Luwellel Witbooi gedwing is om saam te steel. Die saak is tot 10 Julie uitgestel wyl die verdagtes in aanhouding bly.

“As jou huis te lank leegstaan, is die kans op inbrake groot. Daar is ’n goeie kans dat jy deur veral koperdiewe geteiken kan word,” het ’n plaaslike eiendomsagent gewaarsku.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/93285/huis-rooftogte-skiet-die-hoogte/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/73681/een-inbraak-nie-genoeg-nie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button