Polisie se oog is op dwelms

Die eindelose sukkel om eMalahleni se strate skoon te hou van dwelms en kwaaddoeners duur steeds voort.

Die eindelose sukkel om eMalahleni se strate skoon te hou van dwelms en kwaaddoeners duur steeds voort.

Die afgelope week het Witbank Polisie weereens gewys dat dwelms, asook die handeldryf van dit, nie geduld sal word in die Steenkoolstad nie.

Op 20 Junie het polisie te voet gepatrolleer in die SBG (Sentrale Besigheidsgebied) en een vir een dwelmhandelaar gevang en gearresteer.

Die eerste van drie voorvalle het in Walter Sisulustraat plaasgevind. Polisie het deur die straat geloop en drie onbekende mans gevang met dagga in hul besit.

Op 21 Junie het ’n gemeenskapslid inligting deurgegee oor gesteelde goedere by ’n sekere huis in van Ryneveldstraat.

Met die polisie se aankoms het hul die perseel, asook ’n verdagte inwoner deursoek. In die verdagte se besit is daar ’n glaspypie, leë dwelmsakkies en dwelmpypies gevind. Die verdagte het bevestig dat dit wel aan haar behoort en sy verslaaf is aan ’n sekere dwelm. Sy is op die toneel gearresteer vir die besit van dwelms.

“Dwelmgebruikers en handelaars sal keer op keer van ons strate verwyder word. Dwelms is een van die misdrywe wat nie ligtelik opgeneem word deur Witbank Polisie nie,” het polisiewoordvoerder, kaptein Eddie Hall gesê.

LEES OOK:

eMalahleni sê nee vir dwelms

Dwelms en drank op polisie se lysie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version