MunicipalNews

Spoedhobbels wat deur die gemeenskap self opgerig is, is onwettig

Die gemeenskap van Clewer het sake in eie hande geneem toe hulle hul eie spoedbultjies opgerig het op 'n pad waar spoed 'n groot probleem is.

Die gemeenskap van Clewer het sake in eie hande geneem toe hulle hul eie spoedbultjies opgerig het op ‘n pad waar spoed ‘n groot probleem is.

Alhoewel die bedoeling goed was, is die oprig daarvan onwettig.

Die hobbels is op 11 Mei opgerig en sedertdien is verskeie voertuie beskadig omdat die hobbels te hoog is en nie volgens spesifikasie gebou is nie.

“Ek het dit al van die dag wat die hobbels gelê is, begin kla. Ek kan mos gevaar sien as dit kom en hierdie slefgemaakte hobbels hou net gevaar in,” het een van die inwoners, me. Landi Bartfai gesê.

Omdat die hobbels so hoog is, het motoriste nou begin om om die hobbels te ry, soveel so dat daar nou al ’n pad op die sypaadjie is.

Dié grondpad het nou groot gate in wat met vullis en samentblokke opgevul word.

“Ek bel die munisipaliteit al sedert 11 Mei op ’n daaglikse basis om hulle net weereens in kennis te stel, maar hulle gee my elke dag dieselfde verskoning,” het Bartfai moedeloos gesê.


Die gemeenskap maak self plan sodat motoriste gedwing word om spoed te verminder op die Clewer-pad. Die spoedhobbels is op 11 Mei opgerig waarna verskeie motors beskadig is.

“Ek het die raadslid ook al oor die probleem ingelig, maar ongelukkig het hy geen antwoorde nie, net verskonings,” het sy gesê.

Volgens Bartfai is haar man gedreig deur die man wat die spoedhobbels opgerig het.

“My man het hom genader wyl hy besig was en gevra wie het hom toestemming gegee om die hobbels op te rig. Die man het gesê ‘hy voel die padvarke moet ophou jaag en sal vinnig leer met die bultjies’, waarop my man vir hom uitdruklik vertel het dat dit onwettig is. Die man het sy skouers net opgetrek en aangegaan. My man het vir hom gesê hy gaan dit afbreek toe dreig hy en sê as my man dit doen, kom brand hy ons huis af,” het sy bekommerd ten slotte gesê.

WITBANK NUUS het die probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar teen druktyd is geen terugvoer nog ontvang nie.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/66668/mors-teer-op-onbenullighede/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/8275/spoedhobbels-lok-debat/

Back to top button