Waterprobleme maak opslae

Water is tans ’n reuse probleem in die stad en wanneer watertrokke water aan inwoners weier, is dit ’n rede om vrae te vra.

Sosiale media het ontplof met kommentaar en klagtes die afgelope twee weke.

Dit volg na mediavrystellings vanaf die stadsraad gepubliseer is, en ook na ’n artikel wat in die WITBANK NUUS van Vrydag, 16 Junie verskyn het genaamd ‘Droeë krane’.


Me. Belinda van der Merwe se seun het op die watertenker gespring toe hulle nie vir hom water wou gee, verlede week nie. Dit was na ’n watertenk glo water aan ’n gastehuis in Duvha Park gegee het (foto: verskaf).

Water is tans ’n reuse probleem in die stad en wanneer watertrokke water aan inwoners weier, is dit ’n rede om vrae te vra.

Die publiek is gevra vir hul opinies, na ’n artikel op Donderdag, 15 Junie op www.witbanknews.co.za gepubliseer is. Hewige reaksies is ontvang.

“Hierdie twee gastehuise, een in Reynorif en die ander in Duvhapark behoort aan ’n beslote ko-operasie. My vrou is die enigste eienaar hiervan. Ek is hoegenaamd geensins by die bestuur van die besigheid betrokke nie. Ek is ook nie ’n raadslid in die stadsraad nie, maar ’n lid van die Parlement van Suid Afrika,” het mnr. Kruger gesê.


Die watertenkwa in die gastehuis in Duvhapark se erf, wat nie deur mnr. Theo van Vuuren, munisipale woordvoerder, bevestig kan word nie (foto: verskaf).

Hy het ook sy opinie omtrent korrupsie duidelik gestel en bygevoeg dat hy hoegenaamd nie met die water petalje te doen gehad het nie.

“Volgens inligting wat aan ons verskaf is deur die kontrakteur, weet ek wel wie die toestemming gegee het vir die aflewering van water. Dit wil vir my voorkom of hier dalk sprake van ’n korrupte verhouding tussen die kontrakteur en ’n stadsraadamptenaar is. Ek is sedert 2006 betrokke by hierdie menseregte knelpunt, waar die stadsraad inwoners ontneem van toegang tot water. Ek wil dit duidelik stel dat nie ek of enigiemand in my huisgesin betrokke sal raak by korrupte aktiwiteite soos dit wil blyk in hierdie geval te wees nie,” het mnr. Kruger ook bygevoeg.

Lees die vol berig in die week se uitgawe van WITBANK NUUS

LEES OOK:

Droeë krane vir dae aaneen

Gastehuis se jojo- tenks volgetap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version