Gastehuis se jojo- tenks volgetap

Wat Van der Merwe so ontstel het, is dat die bestuurder van die watertrok nie water aan hulle wou gee, toe hulle uithardloop met kanne nie.

Na bewering, is ’n gastehuis se jojo- tenk vol water getap. Dit volg na die artikel wat in WITBANK NUUS verskyn het van Vrydag, 16 Junie ‘Droeë Krane’.

Me. Belinda van der Merwe woon oorkant ’n gastehuis in Duvhapark, in Eric Rosenthalstraat, en hier het sy gesien hoe die watertenk JOJO- tenks voltap. Volgens die eienaar van die gastehuis, weet sy nie hiervan nie, aangesien ’n ander persoon by die gastehuis verantwoordelik was vir die reel van die watertenk.

Van der Merwe het ook gesê dat die bestuurder van die tenk ’n afstandbeheer van die gastehuis se hek het.
Volgens die eienaar van die gastehuis, word besighede voorsien met water. Mnr. Lebohang Mofokeng, assistent woordvoerder van die stadsraad, het bevestig dat water glad nie aan individue gegee word nie.

Wat Van der Merwe so ontstel het, is dat die bestuurder van die watertrok nie water aan hulle wou gee, toe hulle uithardloop met kanne nie.


Van der Merwe se seun het op die watertenk gespring in ’n poging om water te kry, nadat die bestuurder van die tenk geweier het om hul kanne vol te maak. Dit volg na jojo- tenks van ’n gastehuis oorkant die pad volgemaak is deur die watertenk (foto: verskaf).

“Hulle het vir ons gesê dat die water nie vir ons geallokeer is nie en hulle nie vir ons kan gee nie. My seun het op die tenk gespring, om hulle te verhoed om te ry. Dit volg na ons reeds twee weke sonder water sit. Hulle het na ’n groot gesukkel vir ons gegee en moes ry want iemand het hulle verskriklik oor die radio geroep. Die man in die trok het gesê: ‘they are going to fire me. I must go.’,” was Van der Merwe se woorde.

Sy het ook vertel dat sy weet van twee gevalle, waar siek mense nie water ontvang nie, een is ’n kankerpasiënt en die ander ’n jong seun. Dit volg ook na Mofokeng in die vorige artikel gestipuleer het dat hierdie mense ’n uitsondering op bogenoemde reël is en wel water sal ontvang.

Het enige ander inwoner van die stad dieselfde probleem, of weet van ’n soortgelyke geval? Wat dink die publiek van hierdie voorval?

LEES OOK:

Droeë krane vir dae aaneen

No water, hold out for another month and a half

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version