Droeë krane vir dae aaneen

Die munisipaliteit staar tans twee groot struikelblokke in die gesig

Verskeie woonbuurte in die stad sit al vir dae en weke sonder water.

Inwoners van Uitbreiding 16 sit al byna drie weke sonder water en ander in Reynorif vir byna ’n maand. In Duvhapark is krane ook al vir ongeveer twee weke opgedroog.

Die water kom terug en gaan weer weg, of die drukking is so sleg dat byna geen water gebruik kan word nie.
Sommige inwoners van Reynorif het gesê dat hulle al vir maande slegs ’n paar dae water op ’n slag het en ’n slaghuis in die John Baily Square is ook reeds ’n maand sonder water.

Mnr. Lebohang Mofokeng, assistent woordvoerder van die munisipaliteit het in ’n mediaverklaring gesê dat die munisipaliteit ’n kennisgewing gepubliseer het op 23 Mei, waar die waterafsluiting 14 ure sou duur, maar was met twee dae verleng. Die watersuiweringsaanleg kon daardie tyd nie ten volle werk nie en dit het veroorsaak dat die reservoir-vlakke skerp gedaal het.

Sedertdien het die aanleg op 40% gehardloop, as gevolg van geblokte filters wat eers twee weke later ontdek is, gedurende die skoonmaakproses.

Die munisipaliteit staar tans twee groot struikelblokke in die gesig:

Die eerste een is om vinnig die filters, lugblasers, ensovoorts skoon te maak, maar die groot werk is om die filterbed reg te maak. Hier moet sand en steen vervang word, mondstukke moet vervang word en dit word nie plaaslik vervaardig nie. Volgens Mofokeng kan dit tot drie weke neem om hierdie mondstukke in die hande te kry.

Lees die vol berig in die nuwe uitgawe van die WITBANK NUUS nou op die rakke

LEES OOK

No water, hold out for another month and a half

Gate, lopende water en watermeters wat lek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version