CrimeNews

Smokkelkroeg word ondersoek

“Hy sal weer in die aand gaan om te kyk. Daar is ook geen aansoek om dranklisensie of die aansoek om landverbruik te verander op ons sisteem nie,”

Vir 13-jaar al veg ’n inwoner teen die bestaan van ’n smokkelkroeg in sy woonbuurt.

In ’n vorige artikel in WITBANK NUUS is berig dat die ‘geveg’ al sedert 2004 aan die gang is oor die voortbestaan en wettigheid van die kroeg in Dulcimerstraat, Tasbetpark.


’n Man wat urineer in Dulcimerstraat na hy die smokkelkroeg hier besoek het (Foto: verskaf).

Volgens mnr. Martin Hoare is die geraasvlak onhanteerbaar. Hy het ook vertel dat die kroeg vantevore al toegemaak is, maar dit het die eienaar van die smokkelkroeg geensins afgesit nie. Sy het ook glo ’n dranklisensie, maar die geldigheid daarvan is onder verdenking.

’n Lid van die Mpumalanga Drankraad het Maandag, 15 Mei gesê dat hy al die nodige inligting tot sy beskikking het en dat die saak ondersoek sal word. Hy het ook gesê dat die munisipaliteit eers die area moet goedkeur voor ’n wettige dranklisensie uitgereik kan word.


Voeruie staan in rye by hierdie huis in Dulcimerstraat waar die smokkelkroeg baie klante lok (Foto: Verskaf).

Mnr. Kingdom Mabuza, munisipale woordvoerder, het Dinsdag, 16 Mei gesê dat ’n inspekteur na Dulcimerstraat gestuur is om ondersoek in te stel na ’n klagte, maar niks verdag opgemerk het nie.

“Hy sal weer in die aand gaan om te kyk. Daar is ook geen aansoek om dranklisensie of die aansoek om landverbruik te verander op ons sisteem nie,” het Mabuza bygevoeg.

Hy het gesê dat die munisipaliteit geen ander klagtes van die bure in die omgewing gekry het nie.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88620/stryd-teen-smokkelkroeg-steeds-nie-gewen/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88810/dwelms-en-drank-op-polisie-se-lysie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button