Local newsNews

Daai zol bly ’n dwelm

In die Steenkoolstad baklei die polisie verbete teen dwelms. Week na week word handelaars en gebruikers in hegtenis geneem

Die afgelope week is daar gejuig oor die hof se uitspraak dat jy nou ’n zol in jou huis kan rol en dit rook.

Die Wes-Kaapse hooggeregshofbeslissing dat Suid-Afrikaners dagga wettig mag kweek en gebruik by hulle privaat huise is met gemengde gevoelens aangehoor.

Nou skielik probeer almal dagga afmaak as ‘n ‘sagte’ dwelm met geen newe-effekte nie.

eMalahleni is een van die stede waar die meeste dwelmmisbruik voorkom.

Jong mense staan by die interseksies en bedel om hul behoefte aan dwelms te voed. Met leë oë smeek hulle vir daardie volgende ‘fix’.

Met jare se ondervinding in die koerantwêreld en ure se saamwerk met die polisie het dit my geleer dat dwelms, dwelms bly. Al klassifiseer die geleerdes dit in hul ‘fancy’ wetenskaplike name, bly dit dwelms.

Dwelms, hetsy dit ‘onskadelike’ dagga of kokaïne of heroïne is, veroorsaak ’n toestand van euforie wat alle inhibisies uitwis.

Skielik is jy sterker, slimmer en onoorwinbaar. Dwelms is skielik die pallet waarmee jy jou doellose skynlewe inkleur.

Maar, dit is nie net van rol jou zol in jou huis en rook dit nie.

Jy kan nog steeds jou werk verloor as hulle enige vorm van dwelm in jou sisteem kry. So ook kan leerders se skoolloopbane kortgeknip word sou hulle onder die invloed van enige dwelms op skoolterreine gevind word.

In die Steenkoolstad baklei die polisie verbete teen dwelms. Week na week word handelaars en gebruikers in hegtenis geneem.

Dagga is nie die onskadelike kruiemiddeltjie waaroor almal nou handeklap nie. Dit bly ’n dwelm.

Vir ouers het ek hierdie stukkie raad – net soos jy jou kinders laat inent teen siektes soos masels, kan jy hulle help ‘immuniseer’ teen die gebruik van dwelms deur hulle van die feite te voorsien en steeds hul beste vriend te bly sodat hulle elke faset van hul lewens met jou kan deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button