Kitsroof by kitskoswinkel

’n Kitskoswinkel by die vulstasie in Kiepersolstraat, Tasbetpark was weer die slagoffer van ’n rooftog.

Die rooftogte by beide vulstasies en kitskoswinkels het ’n hewige toename die afgelope maand in die stad gehad.

’n Kitskoswinkel by die vulstasie in Kiepersolstraat, Tasbetpark was weer die slagoffer van ’n rooftog toe twee verdagtes op 31 Maart die kitskoswinkel by die vulstasie beroof het.

Volgens die persoon aan diens het twee mans na donker ingestap en hul voorgedoen as kliënte. Een van die verdagtes het op die spyskaart gekyk, terwyl die ander verdagte by die deur bly staan het.

Die verdagte naaste aan die kassier het toe ’n vuurwapen uit sy broek geruk en op die slagoffer gerig. Hy het aangedring op al die kontant in die kasregister.

Die twee verdagtes het daarna gevlug en die kassier gelukkig sonder enige beserings gelos.

WITBANK NUUS het in ’n vorige uitgawe berig oor meer as nege rooftogte in die afgelope maand by vulstasies.

“Die probleem is dat die vulstasies geteiken word weens hul lang besigheidsure en dus wil ons alle vulstasie-eienaars waarsku om verdagte voertuie of verdagtes te rapporteer by die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) of by die polisiestasie,” het kaptein Eddie Hall, woordvoerder van Witbank Polisiestasie gesê.

Lees ook:

Wag gewond in aanval

Raaisel oor roof laat inwoners wonder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version