CrimeNews

Kitskos en kokaïen

Nog dwelms en handelaars is die week van die strate afgeveë deur die polisie se spesiale operasies.

Vir jare is eMalahleni bekend as dié top dwelmdorp waar elke manier om met dié misdaad weg te kom al gebruik is, verald met die handel in dwelms.

Nog dwelms en handelaars is die week van die strate afgeveë deur die polisie se spesiale operasies.

Op Woensdag 22 Maart het die polisie in samewerking met die plaaslike Afriforum Buurtwag en die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) talle misdadigers reguit tronk toe gestuur.

Tydens een van die voorvalle het twee polisiekontsabels die area in Klipfontein, Uitbreiding 8 gepatrolleer die een beampte ’n verdagte voertuig opgemerk het wat by ’n nabygeleë kitskos deurry gaan stop het.

Polisie het die voertuig laat staan en ’n draai om die area gery, met die terugkeer na die stasie toe het hulle steeds die verdagte wit Citi Golf verlate sien staan in dieselfde parkeerterrein.

Hulle het die drywer genader en die voertuig is deursoek, maar niks is gevind nie. Met die deursoeking van die verdagte drywer is daar beslag gelê op vier pakkies dagga in sy broeksak en drie eenhede kokaïen. Die verdagte is op die toneel gearresteer en polisiestasie toe geneem.

“Dwelmgebruikers en handelaars sal keer op keer van ons strate verwyder word. Dwelms is een van die misdrywe wat nie ligtelik opgeneem word deur Witbank Polisie nie,” het polisiewoordvoerder, kaptein Eddie Hall gesê.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/80927/dwelms-op-straat-skelms-in-tronk/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88810/dwelms-en-drank-op-polisie-se-lysie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button