Local newsNews

Laerskooldogter help meisies met sanitêre produkte

Haar passie is egter die #HelpHanna-projek wat jaarliks meer as 3 700 meisies met sanitêre produkte ondersteun.

Vir Cleoni Bouwer (13) is dit ’n passie om seker te maak dat al haar vroulike klasmaats genoeg sanitêre produkte het om deur die maand te kom.

Cleoni, wat Mej. Solidariteit Helpende Hand vir eMalahleni is, het besluit om self met die hele skool se meisies te gesels oor Solidariteit Helpende Hand se #HelpHanna-projek.

Sy is ’n Gr.7-leerling van Laerskool Klipfontein in wie se are welwillendheidswerk sterk vloei. Haar Ouma Saartjie is deel van die Helpende Hand-tak in eMalahleni se bestuur en sy help reeds sedert ’n vroeë ouderdom om kospakkies op te maak vir die afgelegde personeel van Highveld Steel/Vanchem.

Cleoni Bouwer is Mej. Solidariteit Helpende Hand, eMalahleni.

Haar passie is egter die #HelpHanna-projek wat jaarliks meer as 3 700 meisies met sanitêre produkte ondersteun.

Cleoni het self besluit om te reël dat al die dogters een dag in die saal bymekaarkom sodat sy vir hulle kon verduidelik waaroor die projek gaan. Sy moedig ook dogters wat ’n tekort het sanitêre produkte om dit aan te meld. Sy en ’n vriendin, Daniëlla Loots beplan om maandeliks pakkies met sanitêre ware aan die dogters uit te deel.

Cleoni het haar ouma en ma ingespan om produkte by Pick n Pay in te samel sodat sy haar eerste pakkies kon opmaak en uitdeel. Sy het ook ander supermarkte genader vir skenkings direk van hulle en wag tans vir terugvoer.

Haar maandelikse pakkies is nie beperk tot net sanitêre produkte nie, maar sluit ook produkte soos reukweerder, sjampoe, lyfroom, tandepasta en seep in. Sy het ook reeds R800 ingesamel om nog pakkies saam te stel.

“Ek kan maklik met die dogters oor die ongemaklike onderwerp gesels en so ’n behoeftebepaling doen. Sanitêre ware is regtig baie duur, veral as ’n mens nie finansies het om dit aan te koop nie,” het Cleoni gesê.

Om vir Cleoni te ondersteun, kontak gerus vir Annemarie van Heerden: 082 829 2546.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/84497/helping-hands-aids-needy-school-children/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/79525/r10-000-aan-hgh-terug-gegee/

Back to top button