Nat pad lei na gru ongeluk

’n Stroom water oor die pad was die oorsaak van ’n ongeluk vroeër die week.

’n Stroom water oor die pad was die oorsaak van ’n ongeluk vroeër die week.

Die botsing tussen ’n Toyota Hilux en ’n Isuzu bakkie het Maandag, 27 Februarie op die N4-snelweg plaasgevind.
Volgens ’n omstander op die toneel wil dit voorkom of daar ’n stroom oor die pad gevorm het na ’n reënbui wat veroorsaak het dat die bestuurder van die Isuzu beheer verloor het en teen die Hilux gebots het.


Die voertuie, ’n Toyota Hilux en ’n Isuzu wat in ’n ongeluk betrokke was op die N4- snelweg op Maandag, 27 Februarie.

Mnr. Herkie Marx, het gesê dat sy vrou die Hilux bestuur het en dat sy net ’n ribbebeen gebreek het en die ander passasier het ’n sny bokant haar kakebeen en ’n geswelde skouer.

“Die ander twee mans wat saam met hulle in die voertuig was is steeds in Life Cosmos Hospitaal, een se sleutelbeen is gebreek en hulle sal waarskynlik moet opereer. Die ander man het harsingskudding opgedoen en sy derde nekwerwel is gekraak. Hulle gaan Dinsdag 28 Februarie die spesialiste sien en sal waarskynlik dan besluit wat volgende gaan gebeur. My vrou en die ander vrou is reeds uit die hospitaal ontslaan,” het Marx Dinsdag, 28 Februarie gesê.


Die Toyota Hilux op sy sy na die ongeluk op die N4-snelweg op Maandag, 27 Februarie.

Marx het gesê dat sy vrou en die ander drie passasiers op pad Middelburg toe was, aangesien hulle in eMalahleni werk, maar in Middelburg woon.

“My vrou ry elke dag met die Sentra. Ek is opreg dankbaar dat sy vandag met die Hilux gery het, want ek wil nie eers weet hoe die Sentra sou gelyk het nie,” het Marx ook gesê.

Die insittendes van die Isuzu was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

LEES OOK:

Ma en seuntjie dood in ongeluk

Gru-ongeluk eis lewe: 24-jarige ma van twee sterf tragies

Exit mobile version