Local newsNewsUpdate

Brandweer sê als was in orde tydens huisbrand

“Hulle het die water vanuit hul watertenks gebruik en het nie nodig gehad om die brandkraan se water te gebruik nie,”

Kevin en Janie Opperman het hul huis in Duvhapark hul tuiste genoem vir vier jaar, tot dit vroeg vanjaar in ’n brand vernietig is.

WITBANK NUUS het in vorige artikels berig dat die diens van die brandweer nie op standaard was nie, met inligting van betroubare bronne. Wat werklik in die vroeë oggendure van 5 Januarie gebeur het, moet steeds bewys word, maar die brandweerdiens het hul terugvoer gegee.

Hulle het bevestig dat hulle omstreeks 04:30 daardie oggend, ’n oproep van ’n sekuriteitsmaatskappy, ontvang het.

“Hulle het na die toneel gehaas, en ’n sekuriteitsvoertuig op pad gekry, wat hulle na die brandende huis geneem het. Terwyl hulle besig was om die vuur te blus, en prosedure te volg, het ’n tweede brandweerwa by die toneel opgedaag. Dit is normaal vir die tenk om water te verloor as gevolg van druk,” het kommunikasiebeampte van die munisipaliteit, mnr. Kingdom Mabuza, Maandag, 30 Januarie, gesê.

Hy het ook genoem dat daar ’n derde brandweerwa by die toneel opgedaag het vanaf Phola Brandweerstasie en saam met die ander teenwoordige brandweermanne, die vuur geblus het.

“Hulle het die water vanuit hul watertenks gebruik en het nie nodig gehad om die brandkraan se water te gebruik nie,” het Mabuza bygevoeg.

Mnr. Selati Matlebjoane, gemeenskapsdiens direkteur, het ook bygevoeg dat die direktoraat genoegsame werkende toerusting het, saam met goed opgeleide personeel.

Ook het Matlebjoane bygevoeg dat daar ’n ondersoek gedoen sal word, vanaf die brandweerdiens se kant, om die oorsaak van die brand te bepaal.

Mc828rs
’n Gedeelte van die Opperman’s se huis wat op 5 Januarie in ’n brand verwoes is, in Duvhapark.

“Daar word gereeld verseker dat die brandweerwaens genoeg water het, dit word voor elke nuwe skof gedoen. Amptenare maak ook seker dat daar genoeg brandstof is, en dat alles in plek is, voor ’n nuwe skof oorvat,” het Mabuza gesê.

“Ons is steeds besig om alles in plek te kry voor die bouproses kan afskop. Ons wag nog vir ’n verslag om presies te bepaal hoeveel bakstene, verf, dakkappe, ensovoorts ons nodig gaan hê om die huis te herstel,” het Janie Dinsdag, 31 Januarie, gesê.

Die saak word steeds ondersoek vanaf die versekering asook die munisipaliteit.

LEES OOK:
‘Alles is vernietig’
‘Mamma, ek het nog geld in my pienk varkie’

Check Also
Close
Back to top button