CrimeNews

Rowers vat wat hulle wil

Twee onbekende mans het na bewering van verskillende rigtings na hom gekom, en hom glo gedreig met ’n vuurwapen

Rowers het toegeslaan, en gevat wat hulle hul hande op kon lê.

Op Sondag, 15 Januarie het die slagoffer aan polisie vertel dat hy langs die pad gestaan het, met die hoop dat iemand hom sal oplaai. Twee onbekende mans het na bewering van verskillende rigtings na hom gekom, en hom glo gedreig met ’n vuurwapen. Hy het noodgedwonge sy sak vir hulle gegee, hulle het sy geld en selfoon, asook sy bankkaarte gevat.

Nog ’n voorval het naby Pap en Vleis plaasgevind op Saterdag, 14 Januarie, op die Verenapad.

Hier het die slagoffer aan polisie vertel dat hy op pad huis toe was, toe ’n man hom aan die hand gegryp het, en geld geëis het. Hy het gesê dat hy nie geld het nie en die rowers het toe sy selfoon gevat.

Beide sake is by die polisie aangemeld, en word steeds ondersoek.

LEES OOK:
Rowers vat ’n Sondag-uitstappie deur die stad
Rowers wat baie rook, gesoek

Check Also
Close
Back to top button