CrimeNews

Geen dagga vir Nuwejaar

Hulle het op die oproep reageer en na die huis gegaan, om die vermeende dagga te soek

Een verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, kort voor Nuwejaar. Op Donderdag, 29 Desember het polisie een verdagte in hegtenis geneem op die Verena-pad.

Kort voor 12:00 het polisie ’n oproep ontvang van ’n huisinbraak en ook ’n klagte van mense wat dagga rook en verkoop.

Hulle het op die oproep reageer en na die huis gegaan, om die vermeende dagga te soek. Eers kon hul niemand in die huis kry nie, maar het later die verdagte van die agterhuis af sien loop. Na polisie se soektog deur die huis, het hulle drie pakkies dagga gevind en die verdagte is in hegtenis geneem.

Die saak word verder ondersoek deur die Witbank Polisie.

LEES OOK:
Woman arrested after being found with dagga
Dwelms op straat, skelms in tronk

Check Also
Close
Back to top button