Local newsNews

Ma en seuntjie dood in ongeluk

’n Familie is op soek na antwoorde na ’n motorongeluk verlede week waar ’n ma en kind gesterf het.

’n Familie is op soek na antwoorde na ’n motorongeluk verlede week waar ’n ma en kind gesterf het.

Die ongeluk, wat Maandag 12 Desember in die omgewing van 22:00 op die N12 net na die Kendal-afrit gebeur het, het die lewe van me. Bridgitte Bandenhorst en haar 4-jaar oue seuntjie, Keagen geëis.

ze629-1rs
Joshua Badenhorst het erge gesigsbeserings opgedoen.

Keagen se boetie, Joshua (7), en sy sussie, Michaela (9) was teen Woensdag 14 Desember nog in Witbank Hospitaal.
Michaela het haar linker enkel op twee plekkies gebreek en Joshua het erge gesigsbeserings opgedoen. Hy was Woensdagoggend in teater.

ze629-2rs
Michaela Badenhorst het haar linker enkel op twee plekkies gebreek.

Bridgitte, wat ’n onderwyseres in Durban was, en die drie kinders was van Johannesburg op pad na Nelspruit waar hulle die res van hul familie sou ontmoet.
Michaela het gesê haar mamma het vir iets uitgeswaai.

Mnr. Jaco Badenhorst, haar man, is in Maputo werksaam.

“Ons het nog geen idee wat aanleiding tot die ongeluk gegee het nie,” het mnr. Corrie Badenhorst, Jaco se pa gesê.

Hy is eers in die vroeë ure van Dinsdagoggend van die ongeluk verwittig.

“Bridgitte en die kinders het vir meer as ’n uur in die veld gelê. Ons weet nie wie hulle uit die Mercedes se wrak uitgehaal het nie.”

ze629-3rs
Me. Bridgitte Badenhorst en haar 4-jaar oue seuntjie Keagen is dood.

Die lykskouing is Dinsdag 13 Desember gedoen. Daar is gevind dat Keagen se nekkie gebreek en Bridgitte aan veelvuldige beserings dood is.

Die mamma en seuntjie se begrafnis het Saterdag 17 Desember in Nelspruit plaasgevind.

As enige persoon enige inligting oor die ongeluk het kan hulle mnr. Badenhorst skakel op 072 461 5331 of 017 610 2671 of epos: corrie.badenhorst@sasol.com.

LEES OOK:
Chantelle verloor stryd na val
‘Die ongeluk het toe gebeur’

Check Also
Close
Back to top button