Wag gewond in aanval

’n Sekuriteitswag is gewond na ’n rooftog by ’n besigheid.

’n Sekuriteitswag is gewond na ’n rooftog by ’n besigheid.

Op Dinsdag, 6 Desember het vier verdagte mans toegeslaan op ’n besigheid en een wag kritiek gewond, waarna die rowers gevlug het met koperkabels en parte van ’n masjien.

Een van die ooggetuies wat dele van die voorval aanskou het, het Maandag, 12 Desember aan WITBANK NUUS vertel dat met sy aankoms, ’n sekuriteitswag hom ingelig het van die skietvoorval. Ook dat hy na die wag gaan kyk het en gesien het dat hy wakker is. Hy het verder vertel dat hulle hom na die kantoor gedra het en dat hy met ’n ambulans na Life Cosmos Hospitaal vervoer is.

“Voor die polisie hier aangekom het, het ekstra sekuriteitswagte opgedaag en toe die polisie. Ek weet nie hoe dit met die wag gaan nie, ek het net gehoor dat hy met ’n helikopter na Steve Biko Hospitaal geneem is en dat sy toestand kritiek is,” het die anonieme ooggetuie vertel.

Geen bevestiging kon teen druktyd verkry word vanaf die betrokke sekuriteitsmaatskappy nie.

Nog ’n voorval het die vorige dag plaasgevind by ’n snoepwinkel in Duvhapark. Volgens die polisie is die een muur afgebreek en die diewe het op hierdie manier toegang verkry tot die winkel. Ook dat die slagoffer geslaap het tydens die voorval en hy in die loop van ’n geweer vasgekyk het toe hy wakker word. Hulle is met ’n onbekende bedrag geld daar weg, asook met sigarette en kruideniersware.

Die slagoffer het aan polisie vertel dat hy weet wie die verdagtes is, maar geen arrestasies is nog gemaak nie.

LEES OOK:
Rowers teiken plotte
Reaksiebeampte aangeval

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version