EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Helpende handjie vir ’n skooltassie

Die Skooltassie projek is ’n nasionale projek waardeur alreeds 27 000 tassies aan behoeftige graad eens geskenk is sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is.

Die Skooltassie projek is ’n nasionale projek waardeur alreeds 27 000 tassies aan behoeftige graad eens geskenk is sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is.

Die projek poog om ʼn onmisbare bydrae in kinders se lewens te maak en behoeftige graad eens in staat te stel om hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul klasmaats te begin.

CV484ars
Solidariteit Helpende Hand se Mpumalanga streek wat meer as gewillig was om tassies te pak vir die Skooltassie projek waar hulle meer as 400 skooltasse gepak het vir 2017 se minderbevoorregte Graad 1 leerlinge. Die tassies is by Laerskool Taalfees gepak op 17 November en word vir verskeie skole in eMalahleni uitgereik.

In 2016 is daar ’n totaal van 4 762 tassies regoor die land uitgedeel en mik Solidariteit Helpende Hand vir nog meer in 2017.
Helpende Hand het ʼn opname gedoen onder meer as 200 skole wat in 2015 tassies ontvang het. Die doel van die opname was om seker te maak dat die skooltassie steeds relevant bly om die uitdagings waarmee graad eens te kampe het, aan te spreek.

Dit het duidelik geword dat perseptuele en motoriese vaardighede twee van die grootste probleemareas is wat leerprobleme en uit valle onder graad eens veroorsaak.

CV484brs
Die tassies wat deur 19 lede van die Mpumalanga streek se Helpende Hand takke gepak is by Laerskool Taalfees op 17 November.

Om die motoriese vaardighede aan te help, het Helpende Hand Unifix-blokkies en ’n legkaart ingesluit. Daarby word kinders se perseptuele vaardighede verbeter deur op die skryfbordjie (ook ingesluit in die tassie) te skryf.
Helpende Hand poog om ’n goeie kwaliteit tassie (dit moet vyf jaar kan hou) met opvoedkundige inhoud van hoë gehalte aan graad eens te verskaf.

Die inhoud van die tassies sluit onder andere die volgende in:
Uitdraaikryte, ʼn inkleurboek, ʼn legkaart, inkleurpotlode, grys potlode, ʼn liniaal, ʼn skerpmaker, ʼn skêr, ʼn uitveër, gom, pennesakkies en ʼn witbord met penne.

Hoe kan jy help? Skenk nou deur die woord “tassie” te SMS na 38969 om by te dra tot ’n tassie vol skryfbehoeftes (SMS’e kos R10)

Maak ʼn skenking aan Helpende Hand se Tassie projek. Raak betrokke by jou naaste Helpende Hand-tak en neem aktief deel aan die Tassie projek.

Vir enige navrae oor die projek, kontak gerus Margolé Riekert, Projekorganiseerder op
margole@helpendehand.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button