Gate, lopende water en watermeters wat lek

Onophoudelike munisipale probleme is weekliks in die nuus en dit lyk nie of dit enigsins minder word nie.

Onophoudelike munisipale probleme is weekliks in die nuus en dit lyk nie of dit enigsins minder word nie.
Talle inwoners het uit desperaatheid die afgelope week by WITBANK NUUS gekla oor waterlekke, gate en watermeters wat lek.

In Gerdastraat is ’n watermeter wat konstant lek al talle kere al by die plaaslike munisipaliteit aangemeldis , maar daar word nie gereageer op die klagtes nie.

“Ons het al hoeveel oproepe gemaak, maar niemand kom maak dit reg nie. Dit is nou al ’n probleem vir ’n paar jaar, maar die klagtes val op dowe ore,” het ’n inwoner gesê.

Ook het hy gekla oor die slaggat op die hoeke van Gerda- en Wynbergstraat.

“Die slaggat is so diep, dis seker ’n halfmeter diep. Mens kan nie daardeur ry nie en dit gaan groot skade veroorsaak, reg op die draai,” het die inwoner ook gesê.

Nog waterlekke is aangemeld, in Arrasstraat. Hier het me. Lucinda Clark gesê dat daar ’n tipe fontein is wat kort-kort water uit die grond laat spuit. Ook dat die munisiplaiteit wel na die probleem kom kyk het , maar die gemors wat hulle los is skrikwekkend.

“Met al die reën word hierdie hope sand, modder. Ons moet daardeur ry, en wanneer mens dit gaan aanmeld, sê die munisipale bestuurder slegs, ‘we are aware’,” het sy gesê.

Die probleme is aan die munisipaliteit gerapporteer, maar teen druktyd is geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version