MunicipalNews

Nogsteeds dieselfde waterlek na drie jaar

Vir die laaste drie jaar vra die plaaslike inwoners van Klarinet vir hulp sodat daar drasties iets aan die waterpype wat lek gedoen moet word.

Waterpype wat lek is tans ’n groot krisis in eMalahleni.

Vir die laaste drie jaar vra die plaaslike inwoners van Klarinet vir hulp sodat daar drasties iets aan die waterpype wat lek gedoen moet word.

CV477a
Die foto wat in 2013 geneem is van die varswaterlek langs die pad na Paxton se korrektiewe dienste wat afloop in Klarinet.

“Hierdie probleem is al op verskeie geleenthede gerapporteer aan ons plaaslike munisipaliteit, maar niks word gedoen nie, daar word verskeie probleme ondervind op die Klarinetpad. Ek raak die pyp lekke aan want dit is ’n vermorsing van water en niemand doen iets aan dit nie,” het ’n inwoner van die korrektiewe dienste gepleit vir die soveelste keer.

WITBANK NUUS het boodskappe tussen die inwoners en die munisipale bestuurder mnr. Theo van Vuuren van 2013 ontvang waar die inwoners om hulp vra.

CV477brs
Die varswaterlek op die einste pad wat op 2 November 2016 geneem is.

“Ons is al in die einde van 2016 en steeds is daar niks gedoen nie,” het hy ook bygevoeg.

In die boodskap wat gerig is aan van Vuuren op 28 Mei 2013 het die inwoner formeel verduidelik wat die probleem is, waarop van Vuuren op 2 Junie hom verseker het dat die probleem opgelos is en dat die inwoners se “situasie ’n prioriteit” vir hom is. Net vir die inwoners om weer teleurgestel te word.

“Ek het toe aan van Vuuren gestuur, “ek wens ek kon sê dat die probleem opgelos is maar ongelukkig is die probleem onveranderd,” het die inwoner verder gepleit.

Met die damvlak wat vandeesweek op die 39.8% merk staan maak dit die inwoners bekommerd.

“Die drukking is van so aard dat meeste van ons steeds sonder water is. Die hoër liggende huise het geen water en sedert ons besoek het ons meer ure sonder water gesit as met water. Die opgaardamme is leeg en die bietjie water wat ons kry probeer ons kanaliseer na die damme vir ‘n brand gevaar,” het die inwoner ook gesê.

Van Vuuren se kommentaar op die bogenoemde probleem was, “neem asseblief kennis dat ons nog die saak ondersoek.”

WITBANK NUUS het daarna weer navraag gedoen waarop geen kommentaar voor druktyd gegee is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button