Ssssssslange onwelkome gaste

Die afgelope drie weke het slanghanteerder, Phillip du Plessis van Legacy Emergency Specialists nege slange uit huise in eMalahleni verwyder.

Die afgelope drie weke het slanghanteerder, Phillip du Plessis van Legacy Emergency Specialists nege slange uit huise in eMalahleni verwyder.

Die reptiele het na ’n heerlike winterslapie wakker geword en is nou doodhonger en dis boonop paarseisoen.


Hierdie bruin huisslang is by die Meyer-gesin se huis in Tasbetpark 2 gekry.

“Die reënseisoen het nou net begin en vir slang se kind word daar ’n feesmaal van paddas en ander insekte opgedis,” het Phillip gesê.

Die warmer weer speel ook ’n groot rol.


Phillip du Plessis van Legacy Emergency Specialists het die afgelope drie weke al nege slange uit huise en erwe verwyder.

Phillip het genoem dat twee van die nege slange wat hy moes vang, gevaarlik was. In Tasbetpark 2 het hy ’n Snoetneus kobra (Snouted cobra) gevang en in Tasbet 1 was ’n rinkhals die ongenooide gas.

“Al die slange wat ek nou gevang het was almal net so oor ’n jaar oud. Hulle was nog nat agter die ore,” het Phillip geskerts.

Die slange wat Phillip vang word veilig in die veld losgelaat.

Slangkenner Vic Boshoff van Proto Training het gesê as jy ’n slang sien probeer ’n foto neem sodat diegene wat die slang moet vang ten minste weet met watter slang hulle te doen kry.

“Nog ’n baie effektiewe manier om die gas uit jou huis te kry sonder om dit te beseer is om ’n twee meter swart pyp met ’n deursnee van so 50mm tot 75mm byderhand te hê. Blok die eenkant van die pyp met koerantpapier en plaas dit voor die slang. Die slang gaan probeer vlug en dit sal blitsvinnig in die pyp inseil omdat dit donker en veilig is. Blok die opening ook met koerantpapier. As jy die pyp in ’n veld neersit en die koerantpapier uithaal sal die slang uitseil. ’n Emmer gevul met koerantpapier werk net so goed,” was Vic se raad.

Phillip en Vic is altyd byderhand om jou onwelkome gaste veilig te kom verwyder.

Skakel Phillip: 061 996 0911 of Vic: 082 697 9954.

ALSO READ:
Seldsame slang kom wys oë
Three snakes found by home owners

Exit mobile version