Local newsNews

Reën broodnodig, maar storm saai verwoesting

Daar was aan die eienaars gesê dat die boom ‘munisipale eiendom’ is en mag slegs deur die parkeraad verwyder word.

In Blanchville het ’n huis die ergste deurgeloop toe die stormwinde van verlede naweek alles in sy pad vernietig het.

’n Groot boom, wat Saterdag, 22 Oktober wortel en tak deur die stormsterkte wind uitgeruk is, het op ’n muur en palissades van ’n erf beland.

Mc735-2rs
Die gemors wat net deur Emalahleni Munisipaliteit gelos is na ’n boom verwyder is, en ’n waterpyp herstel is. Dit het gevolg na die storm van Vrydag, 21 Oktober.

Daar was aan die eienaars gesê dat die boom ‘munisipale eiendom’ is en mag slegs deur die parkeraad verwyder word.

“Ons het tot Dinsdagoggend so gebly, waar enigeen oor ons muur kon klim, aangesien die boom oor die palissade en oor die huis geval het. Ons moes alles net so los, tot ons naam bo aan die lys verskyn het,” het die eienaar van die huis Maandag, 23 Oktober, gesê.

Mc735-1rs
Die muur wat omgewaai het in Del Judor X4 tydens die windstorm Saterdag, 22 Oktober.

Die boom is Dinsdag, 24 Oktober deur die parkeraad verwyder. Sy het ook vertel dat hierdie probleem oorspronklik ontstaan het as gevolg van die munisipaliteit wat aanhoudend om die boom gegrou het om waterpype reg te maak in Februarie.

“Ons het toe al vir hulle gesê om eerder die boom te verwyder, maar volgens hulle het hul streng opdragte ontvang van mnr. Van Vuuren om geen bome te verwyder nie. Die boom het ’n stuk van ons dak ook gevang en dakkappe gebreek. Net die palissade alleen gaan ons ’n sak vol geld kos,” het die eienaar bygevoeg.

Verder het hul dogter, me. Suretha Slabbert vertel dat daar nie water by haar ouers se huis is nie.

“Die waterafdeling van die munisipaliteit het gesê parkeraad moet eers die boom verwyder voor hulle aan die pyp en meter kan werk. Die boom het dit beskadig toe dit geval het. Die versekering kan nou eers die muur begin herstel, aangesien die boom Dinsdag eers gelig is,” het sy gesê.

Mc735-3rs
Die huis in Blanchville wat tans gedeeltelik toe is onder ’n boom na die storm Vrydag, 21 Oktober. Die eienaars moet wag vir die munisipaliteit om dit te verwyder.

Alhoewel die boomkrisis opgelos is, lê die gemors van die afgesaagde boom, steeds net so. Die water by die huis was teen laat Dinsdagmiddag steeds nie terug nie.

In Modelpark het nog ’n boom Vrydagaand omgewaai en ’n waterpyp beskadig. Volgens inligting het die munisipaliteit hierdie pyp Saterdag herstel en ook die boom verwyder. Dit is egter nie dit wat inwoners ontstoke het nie, maar die gemors wat net so gelos is na die munisipaliteit hul werk voltooi het. Sandhope lê die sypaadjie vol met die opening wat gegrawe is. In Del Judor X4 is ’n groot muur ook deur die wind omgewaai.

ALSO READ:
Rain both blessing and curse
Dam level is critical and no rain is forecasted

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button