Die reënt kom

Die Suid Afrikaanse Weerdiens voorspel bo gemiddelde temperature en ook reënval vir die sentrale binneland en oostelike gedeeltes van die land vir November, Desember en ook Januarie.

Witbank Dam is leeg, maar die weerprofete sê die reën kom.

Die Suid Afrikaanse Weerdiens voorspel bo gemiddelde temperature en ook reënval vir die sentrale binneland en oostelike gedeeltes van die land vir November, Desember en ook Januarie.

Dit is goeie nuus as daar gekyk word na die stand van Witbank Dam wat tans op die randjie van 40% balanseer.
In November 2014 was die dam 85.17% vol, verlede jaar dieselfde tyd het dit kommerwekkend op net oor die 61% gestaan.

Die plaaslike munisipaliteit het waterbeperkings ingestel, maar dit blyk of min inwoners hul aan die beperkings steur. Daar word gereeld op sosiale media foto’s geplaas van inwoners wat sypaadjies nat spuit, motors was en sproeiers wat heeldag aan is. Selfs die munisipaliteit is oor die vingers getik omdat hulle sproeiers in die tuine voor die teater aangesit het

Die munisipale bestuurder het nie gereageer op ’n vraag oor waar inwoners klagtes kan lê oor watervermorsing nie. Dit blyk dat Facebook maar ingespan word om die oortreders uit te wys.


Witbank Dam staan tans op 41.7%. (Foto: Departement van water en sanitasie).

Van Vuuren het wel gereageer op inwoners wat op die oewer van Witbank Dam woon en water direk vanuit die dam pomp om hulle grasperke lowergroen te hou en hul tuine nat te lei.

“Water mag nie sonder die nodige permitte en vergunning van die munisipaliteit uit die dam gepomp word nie. Dus maak die inwoners hulself skuldig aan ’n kriminele oortreding,” het hy gesê.

Of daar teen die inwoners opgetree gaan word is nog onduidelik.

Mnr. Dries Bothma, wat die afgelope 40 jaar lank die reën in uitbreiding 16 aanteken het gesê hy het reeds 74mm vir Oktober aangeteken. In vergelyking met die vorige 40 jaar lyk die reënval gunstig.

Oom Dries het Woensdag 19 Oktober 18mm in sy reënmeter gehad, Donderdagnag het dit 9mm gereën, Vrydagnag 17mm, Saterdagnag 12mm en Sondag het hy 13mm gemeet.

“Ek hou my bek uit die weer uit, dan is ek veilig. Maar my lesings van die afgelope 40 jaar is akkuraat en vertel ons baie oor die weerpatrone in ons stad,” het Oom Dries gesê.

Oom Dries het geweier om ’n voorspelling te maak, maar het gesê die feit dat die rysmiere uitkom sê die reën is op pad.

Witbank Dam word deur die Olifants Rivier gevoed en die opvangsgebied is in Hendrina en Bethal.
Mnr. Mike Erasmus, wat al vanaf 1978 in Bethal boer het gesê die onmiddellike probleem is die watertafel wat eers moet lig voor water deur die Olifants Rivier na Witbank Dam toe kan vloei.

“Ons het so in die omgewing van 150mm tot 200mm reën nodig voor die water gaan afvloei na julle toe,” het hy gesê.

Mike het ’n reënvalstudie gedoen met data wat hy van ander boere en inwoners van Bethal gekry het en gesê dat hy die reënval in 10-dae periodes opgedeel het en hy het gevind dat ons 60% meer kans op ’n goeie reënvalseisoen sal hê as die reën na 20 Oktober val.

“Ek is oortuig daarvan dat ons nog baie reën gaan kry. Vir boere is dit goed as die reën eers in die najaar, so in die omgewing van Desember Januarie val om goeie oeste te verseker.”

LEES OOK:
Dam level is critical and no rain is forecasted
Goue oues vertel: Reën of kapok, Oom Dries se syfers word altyd noukeurig aangeteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version