NewsSchool sportSchoolsSport

Mathys Bothma, SA se kampioen veerskut

Na afloop van die 2016 Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skutters Unie (SANSSU) SA’s kompetisie, is Hoër Tegniese Skool baie trots op Mathys Bothma, een van die o.21 veerskuts van die skool.

Na afloop van die 2016 Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skutters Unie (SANSSU) SA’s kompetisie, is Hoër Tegniese Skool baie trots op Mathys Bothma, een van die o.21 veerskuts van die skool.

Mathys het hierdie jaar sy matriekjaar ook sy beste skietjaar gemaak en sy pad oop geskiet om as die algehele kampioen veerskut vir 2016 aangewys te word tydens die SA’s wat by Zanandi Vakansie-oord aangebied is.

Mathys het die hele seisoen al sy deursettingsvermoë en toegewydheid vir sy sport gewys tydens die Nkangala Streekkompetisie as wenner van die o.21 veerklas aangewys te word en daarna ook as Mpumalanga se beste o.21 veerskut vir 2016 gekroon te word. Hy is dan ook vir die vierde jaar as lid van die Mpumalanga skole skietspan gekies. By die SA’s het hy hierdie segetog voortgesit en met ‘n allemintige 6 medaljes en SANSSU kleure aan die einde van die SA’s kompetisie gespog.

Mathys het die volgende medaljes ontvang:

Beste o.21 veerskut in die twee 3P (lê, staan en kniel) uit ‘n totaal van 1200: silwer medalje as naaswenner in die afdeling;
Beste o.21 veerskut in die 10m Olimpiese staan uit ‘n totaal van 400: goue medalje as wenner in die afdeling;
Beste o.21 veerskut op grond van totale telling uit 1600: silwer medalje as naaswenner in die o.21 veerklas;
Lid van die Mpumalanga o.21 Veerspan: bronsmedalje vir derde plek as beste o.21 veerspan by die SA’s;
Lid van die Mpumalanga o.21 veerspan: silwer medalje as naaswenners: algehele beste veerklas provinsie (Die Mpumalanga o.21 en o.16 veerspanne se totale is gebruik om die wenners in die kategorie te bepaal);
Goue medalje as wenner van die klas: algehele groot kampioen veerskut.

Mathys het vir die opwinding van die finale uitskiet in die Veerklas gesorg. Die top agt skuts (ongeag die ouderdomsgroep) in elke klas neem deel aan die Olimpiese staan uitskiet om die algehele groot kampioenskut in elke klas te bepaal.

at360rs
Mathys Bothma.

Hierdie jaar is die finale uitskiet vir die eerste keer presies volgens die Olimpiese Spele se standaard en reëls geskiet en is daar naels gekou totdat die 20ste skoot geklap het. Die senuwees het geknaag en Mathys het van sy eerste skoot af in vyfde posisie gelê. Van skoot nommer agt af het die valbyl proses begin en is die swakste skut met elke 2de skoot uitgeskakel. Met die 14de skoot, skiet Mathys ‘n 10,7 en spring die valbyl mis! Daarna was daar geen keer meer aan hom – met elke daaropvolgende tweede skoot het hy een posisie opgeskuif en na skoot 19 het hy met ‘n totaal van 163 in tweede posisie gelê teenoor ‘n skut van KZN se 165,2. Almal het asem opgehou en Mathys se wenners instink het na vore getree. Hy skiet toe met skoot nommer 20 ‘n 9,5 en die ander skut slegs ‘n sewe. Mathys wen toe die naelbyt stryd met slegs 0,3 punte voor sy teenstander. Dit was ‘n ongelooflike oomblik en voorwaar die kersie op die koek van vyf jaar se harde oefen saam met sy afrigter, mnr. Pieter Strydom en getroue deelname aan al die kompetisies elke jaar.

Tydens die prysuitdeling funksie van die SA’s het Mathys dan ook welverdiend SANSSU kleure in goudklas verwerf – voorwaar die hoogtepunt van sy skietloopbaan as lid van HTS se skietspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button