GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Onderwysers floreer in ‘n konsert vol humor

Die 30-40 jariges het ’n 80’s - 90's musiek vertoning gehad met onder andere Tina Turner, Mandoza en die Spice Girls.

Hoërskool Generaal Hertzog het onlangs ’n suksesvolle personeel konsert opgelewer.

Die konsert was op 22 September en die akteurs en sangers, “jokers” en lesers was die onderwysers van die skool.
Die onderwysers het in ouderdomsgroepe deelgeneem. Die jonges het ‘n Radio Jacaranda show aangebied met ’n verskeidenheid musiek en gaste, onder andere Patrica Lewis, Radio Raps en Miley Cyrus.

at310ars
Rozanne de Beer ’n lede van ‘Soen’.

Die 30-40 jariges het ’n 80’s – 90’s musiek vertoning gehad met onder andere Tina Turner, Mandoza en die Spice Girls.

at310brs
Mnr. Deon Marais het ’n paar verskillende bordjies uit sy mou, een van hulle lees ‘lag nou’. Met hom op verhoog is Karien Naudé, Tammy Lombard, Lindi Nel, Albert Carmel en Marlet Stoltz.

Die 40-50 jariges het HGH se militêre kombuis gedoen. Soldate moes aanmeld en terugvoering gee oor wat hulle doen / bydra tot HGH, dit was vol pret, glimlag en snaakse grappies.

at310crs
Henriette Badenhorst, Bennie Botha en Moira Outram geniet ’n bietjie sang saam op die verhoog.

Die 50 jariges en ouers het ’n skreeusnaakse dag in die lewe van HGH se hoof uitgebeeld.
Leerders het ook die geleentheid gekry om hulle talente ten toon te stel, van gumbootdansers, solo-sang en hip-hop tot “rap.”

Die aand was ’n reuse sukses en almal wat die konsert kom kyk het, het weggeloop met glimlag op hulle gesigte.

Back to top button