Local newsMunicipalNewsUpdate

Riool vloei en water word vuiler

Week na week word berig watter impak die riool in die drinkwater het. Steeds is daar geen oplossing vanaf die Emalahleni Munisipaliteit se kant nie.

Week na week word berig watter impak die riool in die drinkwater het.
Steeds is daar geen oplossing vanaf die Emalahleni Munisipaliteit se kant nie. Rioollekke is opgemerk by Kromdraai-plotte, op die ou-Middelburgpad en in ’n veld stroom die riool vrylik tot in die Olifantsrivier.

Mc671-1rs
Rou riool wat in ’n veld vloei, reguit in die Olifantsrivier in.

’n Studie is gedoen oor die toestand van die water in die Olifantsrivier, wat meestal in Witbankdam, Loskopdam en ook in ander damme invloei. Volgens hierdie toetse, is bewys dat die water gekontamineer is, en onder geweldige druk is met ’n eutrofikasievlak van ongeveer 70%.

Volgens inligting, is duisende rande en baie ure aan hierdie toetse en navorsing bestee. Owerhede is ook genader om ’n plan te beraam vir ’n oplossing, maar met geen sukses.

Mc671-2rs
Riool by Kromdraai-plotte, waar riool ook vrylik in die Olifantsrivier invloei.

Mnr. Lebohang Mofokeng van die Emalahleni Munisipaliteit is ook genader vir kommentaar oor die oplossings wat in plek gestel kan word vir hierdie probleem, maar geen terugvoer is ontvang nie.

LEES OOK:
Olifantsrivier in ’n gehawende toestand
Riool los stank na

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button