CrimeNews

Besighede die teiken

Vier inbrake by besighede het geseëvier verlede week. Op Vrydag, 15 Julie het die vlootbestuurder ’n oproep van ’n inbraak ontvang.

Vier inbrake by besighede het geseëvier verlede week. Op Vrydag, 15 Julie het die vlootbestuurder ’n oproep van ’n inbraak ontvang.

’n Sekuriteitswag het na bewering die vlootbestuurder gekontak toe sewe mans by die besigheid toegeslaan het. Volgens die polisie het hierdie wag ontsnap uit die warboel nadat daar aan hom gevra is om die een trok se tenk vol diesel te maak.

Die rowers het glo die ander twee mans aan diens beveel om plat te lê en hul hande is ook met skoenveters vasgebind. Daar is na bewering twee hand radio’s gesteel asook ’n paniekknoppie. Hulle het toegang tot die besigheid verkry deur die draad te knip. Die saak word steeds ondersoek deur die polisie en die besigheid was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Twee snoepwinkels is sonder mure gelaat nadat diewe toegang probeer verkry. Een van die eienaars het op Donderdag, 14 Julie in die vroeë oggendure wakker geword van harde geluide.

In Klarinet is kontant, lugtyd, sigarette asook selfone weggedra deur drie mans met vuurwapens. Volgens polisie is die eienaar van die winkel aangerand met ’n metaal voorwerp. Op die Zaaihoekpad het rowers dieselfde dag by nog ’n snoepwinkel toegeslaan, omstreeks 03:10, waar nog mure afgebreek was. ’n Vuurwapen is in die slagoffer se rigting gewys en hy was beveel om stil te bly. Die slagoffer is ook na bewering aangerand en die verdagtes is te voet weg, met lugtyd en kontant. Geen beeldmateriaal is beskikbaar van die voorval nie, aangesien daar nie elektrisiteit in die area is om hierdie toestelle te ondersteun nie.

’n Ander besigheid is beroof op Woensdag, 13 Julie. Omstreeks 10:00, daardie oggend het ’n besigheid wat kontantlenings uitreik, twee onverwagte ‘kliente’ gehad. Rowers het hier ook toegeslaan en drie slagoffers vasgebind. Kontant, bankkaarte en selfone was van die items wat gesteel is.

Die besighede het verkies om nie kommentaar te lewer oor die voorvalle nie.

LEES OOK:
Naweek vir besigheidseienaars beteken besigheid vir boewe
Diewe teiken nuwe besigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button