Brian gaan vir tweede opinie

Lesers word gevra om nog steeds vir Brain Boynton in hul gebede te hou.

Lesers word gevra om nog steeds vir Brain Boynton in hul gebede te hou.

Dié jong man en sy vriend, Donovan Roberts was op pad na Kosi Bay toe die voertuig waarin hulle gery het, se wiel 20km buite Pongola afgebreek het.

Die ongeluk het vroeër die week plaasgevind.
Donovan is op die ongelukstoneel dood verklaar.

Brian se beserings sluit in: bloeding op sy longe (wat nou onder beheer is), ’n gekraakte gewrig en moontlik beide skouers en ’n spinale fraktuur.

Die dokter se prognose is dat Brian moontlik verlam kan wees. Die familie gaan vir ’n tweede opinie ’n ander dokter in Richardsbaai nader.

Die familie bedank almal vir die gebede, oproepe en boodskappe.
Hulle sê egter hulle kan nie al die oproepe beantwoord nie omdat die selfoon seine baie swak is.
Brian is tans in die Ngwelezana Hospitaal in Empangeni.

LEES OOK:
Gebede vir Brian

Exit mobile version