CrimeNews

Onverwagte kuiergaste kom maak ’n draai

Ongenooide kuiergaste het kom inloer by ’n huis in Ben Fleur.

Ongenooide kuiergaste het kom inloer by ’n huis in Ben Fleur. Op Sondag, laat Mei het die slagoffer saam met kollegas om die eetkamertafel gesit toe drie mans onverwags inkom met vuurwapens.

Hulle het, volgens die slagoffer se verklaring, aangedring op kontant waarop die slagoffer hul verwys het na die boonste vertrek van die huis. Die rowers wou ook weet waar die kluis is, waarna die huiseienaar gesê het dat daar nie so iets in die huis is nie.

Volgens die verklaring was die slagoffers vasgemaak met skoenveters en selfone, juwele, kontant en horlosies is die enigste items waarmee die rowers weg is. Die slagoffer was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie, en die polisie is steeds besig met die ondersoek.

LEES OOK:
Inbraak na toemaak tyd
Inbrekers: So vinnig soos blits

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button