Slaggate van R81 000 in eMalahleni herstel

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Gat” na 45340 te SMS (R1)

AfriForum het begin om slaggate van 422m² in die strate van eMalahleni teen ʼn bedrag van R81 000 te herstel.
Dít volg nadat die AfriForum-tak in eMalahleni die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit reeds op 16 April op terme geplaas het om verskeie paaie in eMalahleni te herstel. Die munisipaliteit het egter nie op die aanmaning gereageer nie.

Dit is een van die projekte wat AfriForum as deel van die organisasie se #selfdoen-inisiatief geloods het en vorm deel van dié organisasie se nasionale slaggatmaand wat op 9 Mei afgeskop het.


Lede van AfriForum het slaggate in eMalahleni herstel. Die lede is Louis Joseph, Lucky Magagula, Alfred Friess, Hillel Coetzer, Theo Labuchagne, John Motsweni, Safal Gthawni.

In dié maand sal daar in Limpopo en Mpumalanga alleenlik R1.1-miljoen spandeer word om slaggate te herstel. Dié onkostes sal daarna van die betrokke munisipaliteite verhaal word.

“Ons moet minder van die regering afhanklik word en eerder selfonderhoudend wees,” het mnr. Hein Gonzales, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga en Limpopo, gesê.

Volgens mnr. Alfred Friess, voorsitter van die AfriForum-tak in Witbank, is dié tak genoodsaak om in te gryp aangesien die plaaslike munisipaliteit steeds versuim om hul grondwetlike verpligtinge na te kom.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Gat” na 45340 te SMS (R1).

Exit mobile version