CrimeNews

Besighede beroof in eMalahleni

Verlede week is twee besighede geroof, maar gelukkig is niemand in hierdie voorvalle beseer nie.

Verlede week is twee besighede geroof, maar niemand is in hierdie voorvalle beseer nie.
Op Woensdag, 4 Mei is ’n klerewinkel in die sentrale besigheidsdistrik beroof van kontant. Die slagoffers wat by die winkel was tydens die voorval, het aan die polisie vertel dat hulle by die deur was, toe twee onbekende mans na hul kant toe gestap kom.

Volgens die een slagoffer het een van die mans met ’n wapen buite gestaan, terwyl die ander verdagte hul na die stoorkamer gevat het, en gesê dat hulle moet maak soos daar vir hul gesê word. Kliënte wat daardie tyd by die winkel was, is ook na die stoorkamer geneem.

Nadat hulle die kluis se sleutel in die hande gekry het, het hul ’n onbekende bedrag gevat, asook kontant uit die kasregister en ’n selfoon.

Dit was nie aan die slagoffers bekend met watter voertuig die rowers gevlug het nie.
Op Maandag, 2 Mei, omstreeks 00:30, is ’n ander slagoffer by die werk en tydens sy patrollie het hy kollegas in die wagkamer gehoor. Volgens die verslag aan die polisie, het hierdie werkers aan die venster geklop en geskree om hulp.

Een van die beweerde agt verdagtes het die deur oopgeskop en selfone gesteel, asook vier wiele van ’n swaar-motorvoertuig asook twee wiele van ’n sleepwa. Die swaar-motorvoertuig se sleutels het ook saam die verdagtes verdwyn, nadat hulle geweerskote laat klap het.

LEES OOK:
Robbery is their business
Two neighbouring businesses robbed on the same night

Check Also
Close
Back to top button