‘Boef en by’ beseer in skietvoorval

Twee boesemvriende, Hardus Truter (24) en Marno van Tonder (24) was in ’n skietvoorval betrokke op die Middelburg/eMalahleni pad.

Twee boesemvriende, Hardus Truter (24) en Marno van Tonder (24) was in ’n skietvoorval betrokke op die Middelburg/eMalahleni pad.

Op Donderdag, 12 Mei, was Hardus en Marno op pad eMalahleni toe van Middelburg af, aangesien Hardus se pa hier woon.

“Hulle was altyd saam. Hulle is al vriende vanaf graad twee. Hardus is stukkend omdat hy ’n skraapwond op sy kop het, en Marno lê in Cosmos Hospitaal se Intensiewesorg-eenheid. Die dokter het ’n groot operasie op hom gedoen, aangesien die koeël deur sy maag, dikderm, dunderm en aan die anderkant uit is,” het me. Natasha van Tonder Maandag gesê.


Marno van Tonder (24) is tans in die Intensiewesorg-eenheid van Cosmos Hospitaal nadat hy in ’n skietvoorval betrokke was op Donderdag, 12 Mei.

Die oorsaak van die voorval is steeds onbekend.
Lees die volle berig in die volgende uitgawe van die WITBANK NUUS op Vrydag, 20 Mei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version