Adriaan kan niks onthou nie

Die stof het nog nie gaan lê na die dwelm-insident wat skokgolwe deur die Hoëveldse dorpie Ga-Nala gestuur het nie.

Die stof het nog nie gaan lê na die dwelm-insident wat skokgolwe deur die Hoëveldse dorpie Ga-Nala gestuur het nie.
Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is na ’n jong seun ’n oordosis heroïne gespuit is, verskyn weer op 23 Junie in die landdroshof op die dorp.

Die twee mans is steeds in aanhouding nadat borg nie tydens hul laaste verskyning op 26 April aan hulle toegestaan is nie.


Adriaan kan niks van die voovral onthou nie

Met die 15-jarige Adriaan Keyser gaan dit goed.
Hy sterk by die huis aan nadat hy ’n week in Witbank Hospitaal se intensiewe-sorgeenheid deurgebring het.

“Adriaan is by die huis en ons vat elke dag stappie vir stappie,” het sy ma, me. Trudie Snyman gesê.

Sy het gesê Adriaan se reflekse is baie stadig en sy handskrif lyk soos die van ’n kind wat nou net leer skryf.

“Al wat Adriaan onthou is die oggend voor die voorval het hy vir my koffie gemaak,” het sy gesê.

Die gesin het intussen Muldersdrift toe getrek, maar Snyman het gesê hulle sal by die hofverskyning wees.
Adriaan is op 14 April na die hospitaal gehaas nadat die twee mans hom glo gehelp het om heroïne te spuit.

Hulle het hom vroegoggend op 14 April by die huis gaan haal en blykbaar na ’n dwelmsmous geneem. Nadat hy begin sleg voel het, het die twee mans hom terug huistoe gesleep-dra.
In hul verklaring het die twee mans gesê hulle was bewus daarvan dat hy net 15-jaar oud is.

LEES OOK:
15-jarige kry oordosis heroïne in: Twee wat help inspuit se borg geweier
Dwelms eis nog twee slagoffers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version