CrimeNews

‘Hijack’ of steel ’n Hilux

“My hek was skaars toe, toe een verdagte van nêrens gekom en aan my venster geklop het, ek het die man aangekyk en hy het my deur handvatsel begin ruk,”

Dit blyk dat Toyota Hilux bakkies diewe se voorkeur vervoer is.

Op Donderdag 21 April is daar drie sake aangemeld waarin Hilux bakkies of gesteel, gekaap of byna gekaap is.

“Keer op keer word daar vir my gesê dat ek blatant paranoïes is omdat ek ’n prosedure volg soos ek in my kar klim. Ek maak eers seker alle vensters is toe en deure gesluit dan kan ek gaan,” het een van die slagoffers gesê nadat haar voertuig byna gekaap is.

“Jy as persoon dink altyd sulke goed sal nie met my gebeur nie, ek woon mos in ’n veilige gebied en het alle sekuriteit wat my beskerm… dink weer,” het die vrou ook gesê.

Die vrou was die oggend op pad werk toe soos elke dag en soos elke dag het sy uit haar erf gery en die hek toegemaak.

“My hek was skaars toe, toe een verdagte van nêrens gekom en aan my venster geklop het, ek het die man aangekyk en hy het my deur handvatsel begin ruk,” het sy verder gesê.

Daar het toe twee ander onbekende mans uit ’n bos gehardloop en haar aan die anderkant van haar voertuig verras.

“Hulle het met alle mag en spoed afgepyl op my voertuig en ook aan die deure begin ruk, my gedagtes het dadelik afgeskakel en ek het probeer wegjaag, maar die bakkie het gestol,” het die vrou verder vertel.

Wat verder gebeur het ag die vrou as dié verkeerdste aksie wat sy kon neem toe sy haar windbuks pistool uit die paneelkissie ruk om die boewe mee af te skrik.

“Dit is ’n oomblik van angs en oorlewing en eers na die gebeure vra jy jouself, hoekom het ek nie so gemaak of anders opgetree nie,” het sy gesê.

Gelukkig het die verdagtes geskrik toe hul die wapen sien en die bosse in gehardloop.

“Dis waar ek besluit het, dat ek die mans agterna gaan sit, hulle was egter skoonveld,” het sy gesê.

Net ure na die poging tot kaping was ’n ander party nie so gelukkig nie.
Die man, mnr. Altus Voght was op pad om ’n paar dinge in die dorp te doen voor hy huiswaarts sou keer.

“Soos ek by my bakkie gekom het met twee hande vol inkopiesakkies het ek net iets in my rug gevoel druk. Ek het omgedraai en daar het ’n onbekende man gestaan met ’n vuurwapen, die voorwerp wat ek in my rug voel druk het net ’n split sekonde vroeër,” het Voght gesê.

Hy het toe verder beweer die man het so sag gepraat, en van buite af het dit gelyk asof hy iets aan hom wil smous.

“Ek het dadelik oorgegee omdat ek aan my vrou en kinders gedink het. Hy het my sleutel gevat en weggery met my bakkie.”

So vier blokke aan is ’n ander man in ’n hardewarewinkel in terwyl sy vrou gou oorgehardloop het na die slaghuis wat nabygeleë is.
Omtrent 10 minute later toe die egpaar uit die onderskeie winkels kom, was hul voertuig weg.

“Ons dink daar is gepeuter met die bakkie se afstandbeheerder omdat daar geen tekens van glasstukke in die parkeerterrein was nie,” het me. Frieda Roux gesê.

Die polisie is besig om die twee sake van kaping en diefstal te ondersoek maar geen arrestasies is al gemaak nie.
Woordvoerder van Witbank Polisie, kapt. Eddie Hall wil die gemeenskap paraat maak op kardiefstal.

“Wees eerder ekstra veilig en maak seker jou deure is gesluit.”

LEES OOK:
Stolen motor vehicle found burnt
Cars get stolen “chop – chop”

Back to top button