Voertuig gesteel en teruggekry

“Hulle het my werker van agter gestamp en toe hy uitklim, die voertuig gevat,”

“Hulle het my werker van agter gestamp en toe hy uitklim, die voertuig gevat,” het die mede eienaar van die koerier besigheid gesê.

Op Woensdag, 6 April het die slagoffer in die bittere koue in die veld gelê en wag vir hulp.

“Hy was op pad vanaf Johannesburg na eMalahleni, omstreeks 17:30. Na die stamp agter het hy uitgeklim om te sien wat die skade is en ’n geweer is teen sy kop gehou. Die voertuig was vol pakkies wat vervoer moet word. Hulle het hom by die Phola/Ogies afdraai in die veld gelos,” het hy verder gesê.

Hy het ook gesê dat toe hy sien dit word laat en besef sy drywer moes al terug gewees het, het hy dadelik besef dat iets fout is en hy het hom gebel. Natuurlik was daar geen antwoord nie en die drywer is later opgespoor.

“Ons het die voertuig met die opsporingstoestel gevind, waar dit eers gesê het die voertuig beweeg in Germiston. Daarna is die voertuig teruggekry in Soweto. Dit is nie ’n geval van as dit weer gebeur nie, maar wanneer dit weer gebeur. Ons het ten minste 90% van die goed wat agter in was, terug gekry, maar meeste van die goed is oopgemaak en hulle het meestal elektriese toestelle gevat. Die voertuig binne is ook heeltemal verniel. Die paneelbord is stukkend, die dak was stukkend, alles was so verniel soos hulle die opsporingstoestel gesoek het,” het hy ook bygevoeg.

Hy het gesê dat dit omtrent die derde voorval in twee jaar was en dat mens nie in die kap kon sien nie, aangesien die vensters nie deursigtig is nie.

In nog ’n voorval op Maandag, 4 April het die rowers weggekom met ’n Golf.
Volgens die slagoffer het hy en ’n vriend in die voertuig geslaap toe ’n onbekende man na hulle gekom het. Hulle het in die loop van die vuurwapen vasgekyk en besef dat hulle moet maak soos die rowers sê.
Die rowers het in die voertuig geklim, brandstof ter waarde van R50 ingegooi en die twee slagoffers se hande en voete vasgemaak. Op die ou-Pretoriapad is hulle afgelaai en het na die naaste stukkie pad toe gekruip.

Hierdie sake word tans steeds ondersoek deur Witbank Polisie.

LEES OOK:
Cars get stolen “chop – chop”
Dief beloof hy gaan nou kerk toe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version