Leë huis brand

Dit is nie duidelik hoe ’n vuur by ’n leë huis in Eugene Maraisstraat ontstaan het nie en ’n verlate uitgebrande kar op die toneel laat die polisie kopkrap.

Dit is nie duidelik hoe ’n vuur by ’n leë huis in Eugene Maraisstraat ontstaan het nie en ’n verlate uitgebrande kar op die toneel laat die polisie kopkrap.
Die Emalahleni Brand- en Reddingspan is Woensdagaand, 6 April na die brand ontbied.

“Toe ek bewus gemaak was oor ’n huis wat vlam gevat het, het ek dadelik die brandweerdienste in kennis gestel,” het me. Madelon Troskie van die CPF gesê.


Emalahleni se brand- en reddingspan is dadelik na die toneel ontbied waar die huis in Eugene Maraisstraat aan die brand geraak het op 6 April.

Die vuur het vinnig versprei na die gassilinders wat op die erf gehou word. Dié erf word gehuur deur Timber City tot hul goedkeuring en die nodige permitte kry om die huis te sloop, het die bestuurder van Timber City, mnr. Gerhard van der Walt gesê.

Op die toneel was daar ’n onbekende bakkie wat in die motorhuis gestaan het. Daar is later beweer dat die bakkie al vanaf Sondag, 3 April in die verlate motorhuis gestaan het. Die bakkie het blykbaar deur die muur gery.

“Die polisie kon nie die eienaar van die voertuig opspoor nie, aangesien die voertuig steeds op die ou eienaar se naam is,” het Troskie ook gesê.


Die onbekende bakkie wat na bewering al Sondag 3 April by die leë huis deur die motorhuis se mure gery het. Die voertuig het ook verbrand op die toneel.

Soos die vuur verder versprei het, het die voertuig heeltemal uitgebrand.
Een van die brandweermanne het op die toneel gesê dat daar petroldampe in die lug is. Die CPF lede het onmiddellik ingespring en die nodige paaie begin afskort en mense verbied om naby die gevaarlike toneel te kom.

“Ons weet regtig nie wat die oorsaak van die brand was nie en kan maar net vermoed,” het Van der Walt gesê.

Daar word beweer dat Witbank Polisie al menige kere dwelmverslaafdes asook dwelmhandelaars uit die verlate huis verwyder het.

“Ek persoonlik vermoed dat dit ’n hawelose persoon was wat op soek was na skuiling vir die koue en toe dit goed gedink het om ’n vuurtjie te maak,” het Van der Walt verder gesê.

Die woordvoerder van die brandweer, mnr. Dennis Ground het die aand van die gebeure gesê dat die vuur defenitief in die kombuis uitgebreek het, maar was nie beskikbaar toe WITBANK NUUS dit wou bevestig nie.
Die ondersoek van die brand en onbekende motor word tans deur die polisie ondersoek.

LEES OOK:
Fire rages through shops
Where there is smoke there is fire, and a wrecked Aston Martin

Exit mobile version