Rower gevang in Springvalley

’n Rower het verlede week sy rieme styfgeloop nadat hy aangekeer is danksy die op-en-wakker optrede van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Springvalley. Op Sondag, 3 April, omstreeks 04:00, het rowers toegeslaan by ’n huis in Springvalley. Die slagoffer het in die loop van ’n vuurwapen ingekyk toe twee gewapende mans toegang gekry het tot sy …

’n Rower het verlede week sy rieme styfgeloop nadat hy aangekeer is danksy die op-en-wakker optrede van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Springvalley.

Op Sondag, 3 April, omstreeks 04:00, het rowers toegeslaan by ’n huis in Springvalley. Die slagoffer het in die loop van ’n vuurwapen ingekyk toe twee gewapende mans toegang gekry het tot sy huis. Geld, twee selfone en ’n tablet is gesteel.

Hy het die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) geskakel, asook die polisie.

“Ek het met die voorsitter van GPF in Springvalley gepraat en hy het bevestig dat die verdagte weggehardloop het en hy agternagesit is. Hy is gevang en is tans by die polisiestasie. Die vuurwapen is steeds nie gekry nie, maar ons glo dit sal wel een of ander tyd uitkom,” het me. Madelon Troskie van die GPF Dinsdag bevestig.

Nog ’n huisroof is aangemeld by die polisie, nadat mnr. Patrick Mashifane op Maandag, 28 Maart terug gekom het by sy huis, en gesien het dat sy veiligheidshek afgebreek is en die deur was ook oop forseer. Hy is woonagtig in Klarinet. Hy was vir drie dae nie tuis nie, en die spesifieke datum van wanneer dit gebeur het, kan nie bevestig word nie. Sy DVD’s, klere en ook van sy kos is as gesteel aangemeld. Die verdagtes is steeds onbekend.

LEES OOK:
Robber points out flaw in security
Robbers target filling stations and take away franchise

Exit mobile version