Huilende vrou word verkrag

In haar huis het mans haar aangeval en begin verkrag.

In haar huis het mans haar aangeval en begin verkrag.
Op Saterdag, 2 April het die slagoffer geslaap toe sy haar kamerdeur gehoor oopgaan het. Sy het wakker geskrik en twee onbekende mans voor haar gesien.

Hulle het na bewering op haar geskree en haar beveel om haar klere uit te trek. Na sy dit nie wou doen nie, het hulle haar klere uitgetrek en haar met geweld na die vloer gedwing. Hulle het na bewering haar bene oopforseer, en een van die mans het haar verkrag.

Sy het aan die polisie gesê dat sy nie weet of altwee haar verkrag het nie, want sy was verskriklik bang en het ook verskriklik gehuil.

Die saak word steeds ondersoek deur Witbank Polisie. Die mans is onbekend aan die slagoffer.

LEES OOK:
Mentally challenged woman allegedly raped
‘Verkrag deur iemand wat ek ken’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version