[VIDEO] Water is opgedroog, maar inwoners steeds raadop

Na byna vier weke verby is, na die Secondlaan-brug in Blanchville ineengestort het weens vloede, is eMalahleni se inwoners steeds op soek na antwoorde.

Na byna vier weke verby is, na die Secondlaan-brug in Blanchville ineengestort het weens vloede, is eMalahleni se inwoners steeds op soek na antwoorde.

Op Woensdag, 30 Maart het die inwoners van Wyk 20 bymekaar gekom om te vergader.
Die wyksraadslid van Wyk 20, mnr. Roy Cronje het vlugtig verduidelik wat die inwoners se bekomernisse rondom die gebeure is.

“Ons het die verstopping van die dreinpype onder die brûe al baie aan die munisipaliteit gerapporteer, maar steeds is niks omtrent dit gedoen nie.”



Vier weke na die groot vloed eMalahleni getref het is die verstopte dreinpype in die Blanchville-area steeds nie skoongemaak nie. ’n Taxi het op 11 Maart saam die Secondlaan-brug ineengestort.

Die raadslede van die wyk het ook beweer dat hulle weereens die probleem op 7 Maart gerapporteer het en weer op die oggend van 11 Maart, net voor die vloede gekom het daardie aand.

“Ons het ook gehoor dat die munisipaliteit nie op die oomblik ’n begroting het om die skade te herstel nie,” het Cronje gesê.

Die inwoners se grootste vraag is, waar gaan die fondse vandaan kom om die brug te herstel in Secondlaan?
Alhoewel daar baie gegons word oor die herstel van die brug is daar ook klagtes oor baie ander goed wat herstel moet word in die Blanchville-area.

“Vir jare vra ons hulp van die munisipaliteit om onwettinge storting stop te sit en dan praat ons nie eers van die slaggate wat gepaard gaan met al die probleme hier nie. Ek kan met alle eerlikheid sê, in al die jare wat ek hier bly, is daar niks om te wys wat die munisipaliteit vir ons gedoen het nie,” het die voorsitter van Wyk 20, mnr. Johan Taljaard gesê.

Die munisipale bestuurder, mnr. Theo van Vuuren het nie teen druktyd gereageer op WITBANK NUUS se vrae nie.

“Al wat ek kan sê is dat ek bitter teleurgesteld is in Theo van Vuuren. Daardie dag net na die vloede bedaar het, het ek hom vertel dat die ongeluk gebeur het oor swak instandhouding. Waarop hy vir my gesê het ek kan dit nie op hom blameer nie, maar eerder op die Here,” het me. Pat Etsebeth woedend gesê.

Verder het sy beweer dat Van Vuuren selfs vir haar gesê het dat dit nie sy skuld is dat die inwoners so naby aan die spruit, huise koop nie.

“Na al die gebede vir reën, ondankbaar wees as ons dit kry, nee Theo!” het Etsabeth ten slotte gesê.

LEES OOK:
Bridge collapses: Man dead as taxi falls into hole
Blessing claims life

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version