Maak jou skuif

Ouers van die Nkangala skaakspelers het ’n opvoedkundige dag bygewoon.

Ouers van die Nkangala skaakspelers het ’n opvoedkundige dag bygewoon.

Op Saterdag, 27 Februarie het mnr. John Kirk die ouers geleer om die regte skuiwe te maak.

“Dit is om die leerders voor te berei vir toernooie waarin hulle gaan deelneem en om die ouers ook meer betrokke te mak,” het me. Elsabè Pienaar gesê.

Sy het ook gesê dat hul doelwit is, om meer mense betrokke te kry by die skaak en planne is ook in die pyplyn om in die toekoms, die ouers teen die kinders te laat speel. In die vorige toernooi, was die leerders Kaap toe gewees.

“Daar was 1157 kinders wat teen mekaar gespeel het. Tans het ons 51 spelers in ons span,” het Elsabè ook gesê.

Die spel bestaan uit twee ure per spel, en op ’n Saterdag speel hulle vyf ure lank.

“Skaak verskerp spelers se konsentrasie en bevorder ook hul wiskundige vermoë,” het sy ook bygelas.

Vir meer inligting kan Elsabè gekontak word op 084 318 7848.

“Ons wil graag meer as net 51 spelers hê en ons hoop om binne die volgende paar maande baie te groei,” het sy ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version